Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Beriggewer: Isabella Jansen vN
Datum: 7 November 2023
Die Uitdaging van Verandering: Afsluiting
Voordat die vergadering in aanvang neem, vergas Margaret Potgieter ons met haar uitmuntende klavierspel.
“Hoe het die dag so laat geword” (Olga Kirch), is die retoriese vraag wat die uittredende voorsitter, Valeria Terblanche, in haar uittreerede vra. Na vrugbare jare het Valeria besluit om die voorsitterstuig neer te lê. Sy neem ons op ‘n nostalgiese reis voordat sy haar rede afsluit met Olga Kirch se “Hoe het dit skielik laat geword?”
Daarna steek die uittredene voorsitter die balkies vir die nuwe komitee aan en die nuut verkose voorsitter, Petro Doman, kry geleentheid om te gesels oor haar doelwitte en 2024.
Oudergewoonte word daar na die vergadering gekuier terwyl heerlike koek en tee geniet word.
Margaret Potgieter speel klavier
Valeria Terblanche, uittredende voorsitter.
Nuwe komiteelede kry hul balkies
Petro Doman, nuut verkose voorsitter
Leave A Comment