Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer:  Mariëtte Krige

Datum: 1 November 2023

Die vakansie is om die draai!

Die jaar is amper verby en dit is tyd om so ‘n bietjie te begin ontspan en te dink aan vakansie. Die dames van Kuilsrivier het hulle vakansie gevoel en klere nadergetrek en lekker gekuier om bakkies poeding.

Almal is vrolik deur Atella Prinsloo ontvang, dit was die begin van die vakansie lekkerte!

Blanchè van Staden en Gerda van der Westhuizen was reg om Strand toe te gaan, maar het gelukkig eers gewag tot die einde van die vergadering.

John de Freitas was die spreker wat baie interresant vertel het oor Isreal. Hy het meer vertel oor Israel, veral  Jerusalem, wat nie so bekend is nie. Dit wat ons nie elke dag hoor nie, maar wat tog van groot belang is. Ons hoor net wat in die media vertel word, asook wat die toerleiers ons vertel. Daar is ‘n hele ander wêreld in Israel waarvan ons baie min weet.

 

 

Verder was dit ‘n lekker vakansie kuier, ons voorsitter, Elmine Möller, het die voortou geneem. Die safari die jaar was een van lief en leed, werk en ontspan. ‘n Vinnige jaar, volgepak met soveel as moontlik. Ons is dankbaar dat sy en haar span ons deur die jaar geneem het op ‘n tipe reis van sy eie.

 

 

 

 

 

 

So ‘n paar boeke wat ons kon deurkyk om die lus vir vakansie, toer en leeglê, aan te wakker.

 

Die poeding kom toe uiteindlik aan die beurt! Trifle is mos tradisioneel, soos net ‘n ordentlike Suid-Afrikaner dit kan maak! Johan van Staden het nie net sy vrou nie, maar al die dames by die vergadering bederf met ‘n treffer trifle. Blanchè van Staden kan met trots die bak vashou!

 

 

 

Die res van die tafel het gekreun onder die soet en lekker waarmee ons bederf is. Marina Klomp en Etetia Conradie het gesorg dat die tafel gedek is.

Om die reis na die vakansie te begin, is elke dame met ‘n sakkie soetigheid huis toe gestuur, met die kaartjie om te vlieg na ‘n lekker vakansie bestemming van haar keuse.

Net om seker te maak almal verstaan hoe ernstig die saak van vakansie is, daar was nie tyd vir blomme op die voorsitter se tafel nie, en daarom het die kat op sy skaatsplank ‘n vinnige draai daar gegooi!

Mag almal ‘n rustige feesgety beleef – geseënde Kersgety.