Sirkel: SWD

Tak: Hartenbos VLV

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 24 en 31 Oktober 2023

Tydens ons laaste byeenkoms van 2023 het die tak se voorsitter, en ‘n bedrewe beoordeelaar, Rita Burger, die lede toegesprëek en sekere kriteria vir kompetisies vir die drie verskillende kompetisie- vlakke duidelik gemaak. Sy het ook handige wenke uitgedeel, bv die merk van bottels, opdien van gebak en handwerkartikels. By die geleentheid het die tak die meeste kompetisie inskrywings vir die jaar gehad, naamlik 18.

Wilma van Staden het daarna ‘n demonstrasie gegee oor loombreiwerk.  Die volgende aspekte is hanteer.

  • Verskillende soort looms – verskillendes grootte ronde looms, lang looms, die aantal en wydte van pennetjies op die loom en die invloed daarvan op die spanning van voltooide produk.
  • Verskillende soorte en diktes breidraad (wol) en hoe dit aangepas kan word om spanning te verander/verbeter.
  • Die gebruike van loombreiwerk, bv musse, serpe, matjies. kombersies, sokkies, truie beenverwarmers, (legwarmers) en nog meer.
  • Verskillende metodes vir opstel van steke. Bv “E-Wrap” en “Flat wrap”.
  • Regs brei op die ronde loom, verskille by die einde van ‘n ry/rondte tussen ‘n ronde loom en ‘n plat artikel op ronde loom.
  • Vermeerdering en vermindering vir ‘n plat artikel op ‘n ronde loom. .
  • Afhegting by ‘n ronde loom.
  • Verskillende patroon steke, en gebruik van gewone breipatrone vir loom.
  • Basiese inleiding vir brei op die lang loom.
  • Gebruik van You Tube vir onderrig video’s en patrone.

Lede toon geweldige belangstelling en vra dat ‘n werkswinkel aangebied word.

Op 31 Oktober hou die tak hulle afsluiting van die jaar by n gesellige eetplek. Geskenkies word uitgeruil. By die geleentheid neem die tak afskeid van Rita Burger wie vir 18 jaar as voorsitter gedien het. Sy bly ‘n lid en ‘n beoordelaar vir die tak. ‘n Muurhorlosie met ‘n collage van Rita se foto’s deur haar voorsittersjare is oorhandig. Rolien Smit, wie die 2023 sekretaresse was, neem oor as voorsitter.

Op die bestuursvlak word afskeid geneem van Martie Visagie wie baie jare die studierigting Opvoeding en Kultuur behartig het. Haar humor en interessante praatjies is gelukkig behoue vir die tak.  Nuwe bestuurslede word bekend gestel, met elkeen se studierigtings.  Die studierigting, Leefstyl, is in twee verdeel wat die aantal lede op bestuur vermeerder na nege.

Die ouditeur wie die tak se boeke jaarliks oudit en sy vrou en Pastoor en sy vrou, in wie se kerk die maandelikse byeenkomse plaasvind, het ook die geselligheid bygewoon.

Kompetisie inskrywings

Rita Burger verduidelik die etiketering van bottels

Rita Burger besig met beoordeling en Emi de Jager, haar regterhand.

Toerusting vir loombreiwerk

Wilma van Staden vertoon die verkillende groottes ronde looms.

 

 

 

 

 

Wilma vertoon die voltooide produk, ‘n serp, gemaak op die lang loom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wilma demonstreer die afhegting van ’n ronde loom, voltooide mus.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rita met haar horlosie met foto collage.

Rita en Rolien Smit, die nuwe Voorsitter vir 2024 in gesprek tydens die afslutingsfunksie.

Die bestuur van 2024, vlnr, Michelle Stevens, Loy van Sitterd, Rita Burger, Rolien Smit, Hanlie Vorster, Nellie van Heerden, Sylvia Grobler, Wilma van Staden, Emsie Viljoen, Annemie Erasmus, Beulah Kirstein.