Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Afsluiting

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 24 Oktober 2023

OKTOBERMAAND DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND

Taklede het Oktobermaand aan ‘n paar interessante projekte/aktiwiteite deelgeneem voordat almal saam die afsluitingsfunksie geniet het.

Met die afsluiting het die gekombineerde 2023-2024 bestuurspan vir lip-lek-lekker eetgoed en ‘n pragtige saal gesorg; Franci en Lydie (vir oulaas) het die geleentheid as duo aangebied; Klein-Christa het lekker voet-jeuk musiek gespeel; Dawn het twee heerlike gelukkig-trekking-sakke uit bestuurslede se skenkings saamgestel (Susánne & Lydie was gelukkige wenners!); en Retha het die pragtige sertifikate ontwerp wat aan verskeie lede uitgedeel is. Ere-lidmaatskap balkies van die tak vir 30+ diensjare [ons is meer as trots op hulle] is saam met sertifikate toegeken aan: Elrina en Helen vir 35-jaar diens; Tiebie, Rita, Rosemarie en Aritha vir 30-jaar diens; Deville & Ria vir 25-jaar diens; Dawn, Lynette & Hannie vir 15 jaar diens; Gerda, Meisie, Susánne en tannie Dalene vir 5-jaar diens;. Sertifikate is ook uitgegee vir die meeste kompetisie inskrywings – Retha & Susánne – baie geluk en baie dankie vir julle insette. Prestasie-sertifikate vir 2023 Kongres se inskrywing is ook aan Gerda & Retha toegeken, ons is werklik trots op julle

Daar is ook sertifikate uitgedeel vir 100% bywoning van tak byeenkomste: Ria, Christa V, Cecilia, Miens, Lynette, Susan Ann, Tiebie, Dawn en Susanne  –  julle lojaliteit word regtig waardeer.

Taklede het Oktobermaand aan ‘n paar projekte/aktiwiteite deelgeneem voordat almal saam die afsluitingsfunksie geniet het:

Franci, Klein-Brakrivier-taklid (met Josef Mungo op foto), was deel van ‘n projek wat inheemse aalwyne op Morrisonweg onder leiding van Louis Raubenheimer van Groot Brak Conservancy, hervestig.

Eva, Susan Ann and Susanne attended a photo transfer workshop, facilitated by another Klein-Brak member, Christine Marais.

 

 

 

 

Lydie en Cecilia maak ‘n draai by die Wildekamfer-boom wat vroeer in die jaar deur die tak geplant is. Hier gee Cecilia die jong plant water.

 

 

 

Klein-Brakrivier 2023 afsluiting

   

Met die afsluiting het die gekombineerde 2023-2024 bestuurspan vir lip-lek-lekker eetgoed en ‘n pragtige saal gesorg;

 

 

 

Lynette het vir elke taklid ‘n spesiale boksie gemaak;

 

 

 

 

 

Franci 2024 Voorsitter (op die foto saam met Susan Ann – 2024 Kuns en Handvlyt Sameroeper, en Susànne 2024 vise-voorsitter), en Lydie 2023 Voorsitter, het die geleentheid as duo aangebied;

 

 

   

Links: Klein-Christa het lekker voet-jeuk musiek gespeel;

Regs: Dawn (2024 Leefstyl Sameroeper), op foto saam Denise (2024 Openbare Sake Sameroeper) het twee heerlike gelukkig-trekking-sakke uit bestuurslede se skenkings saamgestel;

Susánne & Lydie was gelukkige wenners.

 

Links: Retha het die pragtige sertifikate ontwerp wat aan verskeie lede uitgedeel is. Ere-lidmaatskap balkies van die tak vir 30+ diensjare [ons is meer as trots op hulle] is saam met sertifikate toegeken aan:

Regs: Elrina en Helen (foto) 35-jaar diens;

 

Tiebie (op foto saam met Franci), Rita (foto), Rosemarie (op foto saam met Lydie), en Aritha, 30-jaar diens,

 

 

 

 

 

 

 

Deville & Ria (foto) 25-jaar diens.

 

 

 

Dawn, Lynette (foto saam met Lydie) & Hannie (foto), 15 jaar diens;

 

Links: Gerda, Meisie (hier saam met Marilese en Cecilia), Susánne – 5-jaar diensknopies;

Regs: Tannie Dalene (hier saam met Cecilia) ontvang ook erelidmaatskap.

Sertifikate is ook toegeken vir meeste kompetisie inskrywings – Retha & Susánne – baie geluk en baie dankie vir julle insette. Prestasie-sertifikate 2023 Kongres se inskrywing is ook aan Gerda & Retha toegeken, ons is werklik trots op julle. Daar is ook sertifikate uitgedeel vir 100% bywoning van tak byeenkomste bywoning (Foto Ria, Christa V, Cecilia, Miens, Lynette, Susan Ann, Tiebie, Dawn en Susanne),  julle lojaliteit word regtig waardeer.

Lucia, Chrissie en Denise geniet die afsluiting

Ria, Christa v Dyk, Delise, Rita, Christa Vreugenburg en Leola klink ‘n glasie op ‘n suksesvolle jaar

 

Links: Francie, 2024-Voorsitter saam met een van nuwe 2024-lede, Karen Kershoff

Regs: Our super efficient 2024 Branch Secretary – Eva Bouw – enjoy the year-end function.