Sirkel: Middelland

Tak: Graaff-Reinet

Studierigting: Kunste- en Handvlyt

Beriggewer: Hanfi Neuhoff

Datum: 20 Oktober 202

Graaff-Reinet VLV-lede word deur Kuns-en Handvlyt saamroeper, Wendy-Lee Strydom, uitgedaag om “neurographic” geïnspireerde kuns te doen, met ‘n viltpen, en fyn lynvuller pen. Sy vertel dat dit jou laat ontspan omdat jy níe hoef te dínk terwyl jy lyne trek in sirkels van die een kant van die bladsy na die anderkant toe nie. “Laat net jou arm beweeg”, moedig sy die lede aan! Elkeen se kunswerk sal anders lyk. Daar is GEEN druk op die persoon wat skribbel- of krabbel patrone maak nie. Waar 2 lyne kruis, moet rondinge ingevul word sodat die patrone sirkels vorm. Patrone word dan in elke opening ingevul: strepe; sirkels; kolle; blaarpatrone; kruisies – enige patroon na goeddunke, en in enige kleur.