Sirkel: Paarl

Tak:Wellington

Tema: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 19 Oktober 2023

Oktober maand gaan gepaard met die mooiste digkuns, maar Wellington VLV raak sommer die maand nostalgies oor bloedrooi aarbeie. ‘n Besoek word gebring aan Rooirok padstal van Deonette Bourbon-Leftley in die Paarl.  Lede koop die rooiste Saint Adrianus en Honor aarbeie om huis toe te neem. Deonette kook ook haar eie aarbeikonfyt met knippie swart peper en vanielje ekstrak,

Ons vertrek in ‘n konvooi na hul aarbei plaas geleë aan die walle van die Bergrivier. Die rivier wat met sy oorstromings in Junie en September 2023 omtrent 7 Ha aarbeie weggespoel het. Onder andere van hul beste Sabrina kultivars vir uitvoer doeleindes.

Aarbeiplante word elke jaar nuut geplant nadat die grond berook is volgens die landbou wetgewing. Die plantjies word aangekoop van ‘n alleen-kweker op Ceres.  Geen boer mag sy plantjies kweek en plant vir die varsmark nie.

Plante word op swart plastiek-walle geplant vir doeltreffende groei asook om drup besproeiing en – voeding toe te pas.

Die Bourboun-Leftleys se aarbeie staan in die oop, felle son en daarom so mooi rooi van kleur en geuriger in smaak. Daar is wel tonnelbedekking naby sou die reën of hael naby wees en dan word die bedekking net bo-oor plante getrek tot nodig en weer verwyder.

Nagenoeg 27-ton word per dag gepluk as al die landerye in drag is, maar hierdie jaar is dit veel minder na die oorstromings. Aarbeie word gepluk met die hand en moet ‘n steeltjie aanhê om hom langer vars te hou.  Sabrinas word gepluk in plat kratte en na die koelstoor vervoer, waar dit eers afgekoel word, voor dit in bakkies verpak word. Douvoordag vertrek dit lughawe toe vir die oorsese mark om die volgende dag vars geëet te kan word.

Ons lede het ook hand opgesteek om te help pluk, maar na 2 rye se pluk kon die ruê nie meer hou en ons dagloon was ‘n heerlike vars (selfgeplukte) bakkie aarbeie om gesond by die huis te kon geniet.

Deonette Bourbon-Leftley aan die woord terwyl Paarl Rots oor die aarbeie waak

Corrie Muller en Rietjie Nel by die Rooirok padstal

 

 

 

 

 

Lede pluk self aarbeie

 

 

Lede by Rooirok padstal

Simonsberg in die verte terwyl lede in aarbeilande staan

 

 

 

 

 

 

Deonette en Emmie Malan in die aarbeiland

 

 

 

 

 

 

Aarbeilande na oorstromings van 2023