Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 19 Oktober 2023

V.l.n.r. Amarie le Roux (Takvoorsitter) Thys Smit (skrywer) Marinda Rall (Saamroeper Openbare Sake & Sirkelpresident Paarl)

Petro Boshoff gesels met Thys Smit

Thys Smit, afgetrede predikant en dosent, het saam met sy twee dogters van Kinderland-akademie op Wellington ‘n nuwe boek vir kleuters geskryf. Dis veral geskik vir voorlees vir kinders tot ouderdom 6. Versorgers by kleuterskole en crèches kan dit gebruik om wiskunde- en taalvaardigheid by kinders te ontwikkel, maar veral waardes te kweek. Die boek het stories, rympies en liedjies oor 10 waardes: respek, verantwoordelikheid, selfaanvaarding, eerlikheid, mededeelsaamheid, dankbaarheid, selfdissipline, liefde, goeie manière, samewerking.

Kleuterland-akademie het reeds 300 versorgers van kleuters opgelei en so 6 000 kinders bereik. Versorgers word geleer om benewens versorgers ook rolmodelle vir kleintjies te wees.

www.kinderlandakademie.co.za