Sirkel:  Paarl

Tak:  Suider Paarl

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Begriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 18 Oktober 2023

Die lede en gaste van Suider-Paarl Tak het die “Green School” net buite Paarl, op die Simondium pad, op die 18de Oktober besoek.

Mev Alba Brand, stigter en eienaar van die skool, het die dames toegespreek en daarna vir hul die terrein en die klaskamers gaan wys.

Sy het vertel hoe sy en haar man begin besef het hoe die aarde verniel word deur ernstige besoedeling en klimaatsverandering en dat lugkwaliteit al swakker word.  Sy en haar gesin het baie navorsing gedoen en toe gehoor van die vaardigheidskool in Balie waar kinders van kleins af geleer word om die kosbare natuur op te pas en met ‘n heel ander leer patroon geleer word om waardes vir mens, die natuur en die omgewing aan te leer en hulself te ontdek en te respekteer.

Daar is tans net drie sulke skole in die wêreld. In Balie, New Zealand en nou in Suid Afrika,

Die leerders word individueel getoets en kry binne haar/sy vermoë onderrig. Geen eksamens word geskryf maar leerders word gereeld geasseseer en moet sekere vaardighede baasraak.

Die klaskamers is losstaande geboue, geen gange, met groen grasperke en speelruimtes tussen in.

Die geboue is sover moontlik met natuurlike stowwe en materiale gebou.

Alles word soveel moontlik herwin en die kinders word geleer om hoofsaaklik herwinbare produkte te gebruik. Die leerders kry elk middag ‘n vegetariese middagete waarvan die meeste produkte uit hul eie tuin kom.

Die skool is tans tot graad sewe maar hul is reeds besig met bouwerk vir die hoërskool.

Dit was ‘n baie leersame en interessante uitstappie.

Een van die ruim klaskamers met alle meubels van hout.

Die skoolterein is beplant met fynbos en inheemse plante.

Mev A Brand vertel die lede hoe die kombuis werk waar die leerders middagete geniet.

Almal luister aandagtig na die verhaal van die ontstaan van die skool. Vlnr: Mev Marinda Rall, Sirkel President, Mev Jenny Ruthven, Mev Ely Brown, Mev Nonnie Malan en Mev Alida Walters.

Die hele groep het bymekaar gekom by die “Coffee Pod”. Dis ‘n plek waar ouers vir die kinders kan wag en selfs sit en werk op rekenaars.