Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Tema: Kunste En Handvlyt

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 18 Oktober 2023

Marietjie Steyn demonstreer hoe proteas uit eierhouers gemaak word. Die patrone word uitgesny, geverf en met ‘n gomgeweer rondom kleinplastiek houertjies geplak. Kersversierings kan uit geskenksakkies gemaak word. Sny dieselfde patroon op elke sakkie en plak dan teen mekaar met ‘n strook stewige karton aan begin en einde. Ses of meer word benodig om waaierpatroon te vorm.

Oktober is Borskankermaand en lede het pienk of pers gedra.

Marietjie Steyn met kersversierings

Marthie Grobler met ‘n protea gemaak van eierhouers

Petro Ollewagen, Annetjie Botha, Eurika Byleveld, Esta Twigge, Marthie Grobler, Trudie Kok, Daline Geere, Margo du Plessis, Soekie le Roux, Adila Theunissen, Griselda Pretorius.

Voor: Charlotte Bouwer, Lindi van Vuuren en Marietjie Steyn.