Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 17 Oktober 2023

 

Nadat Madri Haasbroek haar gekwalifiseer het as kinderkinetikus en onderwyseres, het sy vir 19 jaar skoolgehou.  A.g.v. die ondervinding wat sy deur die jare opgedoen het, kon sy baie interessante feite met ons deel.

Onthou dat ‘n kind se opvoeding in jou hande is en dat tyd die beste geskenk is wat ‘n ouer aan sy kind kan gee.  Plaas jou kind se emosionele behoeftes bo-aan jou lys, want familietyd is baie belangrik.  Let op sy fyn motoriese ontwikkeling en onthou dat elektronika geen uitdagings bied nie…laat jou kind speel.

Dit is nadelig vir ‘n kind om die hele tyd spanning, angs en verwerping te ervaar en ook om altyd dinge waarvan hy nie hou nie, te doen.  Bou jou kind op deur vriendskap, gesels, sosialisering en die gee van baie liefde.

Dit is jou plig as ouer om jou kind op te voed en te dissiplineer…dis nie die skool se werk nie.

Dit is belangrik om te onthou dat dit onmoontlik is om ‘n kleuter en ‘n tiener op dieselfde manier te dissiplineer.

Anita Vermeulen (sameroeper) en Madri Haasbroek (spreker)

 

 

 

 

Maslow se Hiërargie:’n Kind se behoeftes moet hierdeur bepaal word…van onder af – Sy basiese behoeftes; Hy moet veilig in sy omgewing voel; Hy moet liefde ervaar; Selfvertroue en selfrespek; Sosialisering en die gevoel van selftevredenheid.

 

 

 

 

 

Die lede het kersklappers gemaak om d.m.v. Badisa aan die minderbevoorregte kinders in die omgewing uit te deel.