Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Murraysburg

Portefeulje: Landbou En Tuinbou

Datum: 11 Oktober 2023

Beriggewer: Theresa Troskie

Die Al Messilah, Lewende hawe vervoerskip na Koeweit en Oman

 Spreker:  Dr. Jaco Pienaar, veearts.

Dr Jaco Pienaar, veearts van Murraysburg, was vanjaar van 26 Julie tot 15 Augustus ’n onafhanklike waarnemer-veearts op die Al Messilah.   Die Al Messilah is ’n vee-vervoerskip wat lewende hawe na Koeweit en Oman vervoer.  Daar was 38 259 skape en bokke en 3 000 beeste op die boot.  Hy vertel onderhoudend van hierdie interessante reis wat hy en sy vrou, Wilmar, wat as sy helper op die boot was, meegemaak het.  Hulle albei moes natuurlik vooraf 2 video kursusse deurloop sodat hulle vir elke probleem wat op die boot mag ontstaan voorbereid was.  Die boot is ook goed toegerus met goeie toerusting en medisyne.

Dr. Pienaar beklemtoon dat alle vorme van veevervoer potensieel gevaarlik is vir die diere, maar onder die regte omstandighede kan diere veilig vervoer word.  In Suid-Afrika is daar onlangs ’n lywige dokument met die beleid vir die vervoer van vee vrygestel.  Dit gee onder andere riglyne oor:

  • Die regte omgewing vir die diere
  • Gebrek aan rus
  • Die opbou van ammoniak en mis in die krale
  • Stres a.g.v. hitte
  • Die risiko van ’n stormloop/stampede
  • Geskikte voeding
  • Nabye kontak met mense
  • Die teenwoordigheid van veeartse

 Hoekom lewende hawe per boot vervoer en nie vlieg of die vee slag en dan vervoer nie?

  • Die onkoste is min of meer die helfte minder per boot
  • Kopers verkies varsgeslagte karkasse bo bevrore vleis
  • Geloofsoortuigings
  • Per boot is daar nie ’n koue ketting wat maklik gebreek kan word nie

Op die boot was alles baie georganiseerd.  Die dagprogram is stiptelik op die minuut uitgevoer.  34 Mans het die vee versorg.  Dr. Pienaar en sy vrou moes elke oggend en elke aand al die vee deurgaan, vorms invul en probleme aanmeld.  Probleme is onmiddellik opgelos.

Die vee kry ’n spesiale dieet wat veroorsaak dat hul mis nie baie nat is nie.  Die mis vorm later ’n mat onder in die krale.  Vee word effe vuil van die mis, maar nie so dat dit hulle skade kan berokken nie.  ’n Erge en onverwagte hittegolf het die boot egter getref en van die vee het as gevolg daarvan gevrek.  Daar was niks wat daaraan gedoen kon word nie.  Die diere het genoeg vars lug gekry, maar die hitte was te erg!  As skape onder hierdie omstandighede natgespuit word, vrek hulle.  Dr Pienaar en sy vrou het met ’n spuit fyn misreën op die beeste gespuit en dit het baie verligting gebring.

Oorsake van vrektes onder lewende hawe op die boot:

  • Aanpassing
  • Pneumonie
  • Clostridia
  • Mankhede
  • Hittestres
  • Oorvet vee en dragtige diere is meer kwesbaar vir hitte stres

In Oman en Koeweit was die aflaaigeriewe baie goed.  Rye vragmotors staan gereed om te laai en vee gaan reguit na die kopers (slagpale of voerkrale) toe.  Interessant is dat die bakke van die vragmotors uitgelê is met persiese matte – dis hulle manier om te keer dat die vee gly!

Voordele van bootvervoer vir lewende hawe vir Suid-Afrikaanse boere:

  • Dit het ’n groot invloed op die markprys.
  • Boere kry ’n baie goeie prys vir kwaliteitdiere.

Dr. Pienaar is baie positief oor die boot.  Die omstredenheid waarin die boot gehul was, was grootliks as gevolg van onkunde oor die omstandighede vir die lewende hawe op die boot.

Dr. Pienaar se foto’s en vertellings het baie negatiwiteit oor hierdie manier van vervoer van lewende hawe by ons vroue verminder.

Tuinbou:  Elana Grobler verskaf ’n beproefde lys van tuintake vir elke maand.  Sy verskaf ook ’n saamgestelde lys van geharde plante wat in die Karoo groei.

Eiertekort:  Elana verskaf ’n resep vir die bewaring van rou eiers aangesien eiers nou skielik skaars is.  Dit gaan nog vir lank skaars wees a.g.v. voëlgriep wat uitgebreek het.  Groot hoender-/eierboere het bekend gemaak dat hulle nou slegs een kwart van hul hoender-vervangingsgetalle gaan kry.

Recipe:  Such an easy process and your eggs last for months.

 Fresh unwashed eggs, no poop or mud on eggs.

5 litre glass jars with lids, work well, but food grade plastic buckets will also work fine.

Pack your eggs carefully in your chosen container.

 Mix:     30 g slake lime/calcium hydroxide  (at pharmacies, super cheap.  It is R16 for 50 g)

1 litre of borehole water or filtered water

The lime will not dissolve, this is normal.

 Pour over the eggs until covered 100%.

Seal your container.

That’s it!

Your eggs can last up to 2 years like this! However, I could of course not test it yet.

Security on Line:  Bruce McLachlan, ’n internetkundige, verduidelik dat alles wat ons op die internet plaas iewers op iemand se rekenaar eindig.  Dit raak nooit weg nie!

  • Bruce verduidelik hoe Password Manager werk en moedig ons aan om hiervan gebruik te maak.
  • Vir aanlyn aankope: hanteer alle webwerwe asof hulle nie veilig is nie.  Google “is legit” en die webwerf se naam.  Het die webwerf ’n fisiese adres?  Gaan die adres na op Google Maps.  Bel die
  • ’n Praktiese wenk om scams te identisiseer is om jouself af te vra of jy iets bestel het, aan iets deelgeneem het of iets verwag.  Indien nie, waarskynlik ’n
  • Moenie op onbekende skakels/links klik nie.
  • Maak e-pos oop om na te gaan, maar moenie aanhangsels oopmaak nie.

Op die foto’s kan duidelik gesien word hoe lewenskragtig die lewende hawe op die veevervoer skip, die Al Messilah, is.  Dit is ook duidelik hoeveel spasie daar vir die diere is asook die hoë stand van higiëne in die krale en voerbakke. Interessant, let op die Persiese matte waarmee al die groot vragmotors se bakke uitgevoer is om te voorkom dat die vee sal gly!