Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Al 6 Studierigtings
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 11 Oktober 2023
Aberdeen VLV-tak het in Oktober hul jaarlikse Potpourri vergadering gehad, waartydens al ses studierigtings aangebied is. ‘n Nuwe lid, Petro Marx, is verwelkom.
Annalie Lategan open die oggend en wys ons daarop dat dit HOOP is wat volg wanneer jy ware GELOOF het. Die SIEL van die mens is HOOP.
Christelle Nel lig die belangrikheid van Beheerliggame in skole uit (Openbare Sake), waarna Karin Pienaar die voor- & nasorg van sonbrand uitlig (Gesondheid). Karen van Rensburg lees ‘n immergewilde gedig voor & wys ‘n paar maklike maniere van blommerangskikking (Kunste & Handvlyt). Hierna was Karin Pienaar weer aan die woord en lig interessante feite oor Tuisonderrig uit (Opvoeding & Kultuur). Elna van Niekerk deel intersessante inligting oor organiese kunsmispille wat gemaak word uit wol & bokhaarloks en –sakke, en wys ook die boom en voël van die jaar uit (Landbou & Tuinbou). Laaste aan die beurt was Carina Esterhuizen. Die dames kon leer van ‘n tuisgemaakte lyfskrop wat gemaak word uit koffiemoer, en kon aan heerlike koffielikeur proe (Leefstyl).
Dankie aan Yolanda Coleske van BKB vir die skenk van 5 sakkies organiese G.R.O.W. kunsmispille vir gelukkige trekkings.
Dames kyk toe terwyl Karen van Rensburg ‘n demonstrasie aanbied oor maklike maniere van blomme rangskik. Vlnr: Christelle Nel, Karin Pienaar, Annalie Lategan, Luise de Jager, Carina Esterhuizen, Petro Marx & Elise Steynberg
Luise de Jager & Karin Pienaar neem deel aan die demonstrasie
Luise de Jager & Annalie Lategan het gesorg vir heerlike vingerhappies
Pragtige blomme om die teetafel op te vrolik
Die G.R.O.W. kunsmispille in ‘n herwinde wolsak.
Leave A Comment