Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Naaldwerk

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 10 Oktober 2023

Twee dogters van 2 lede kom leer by die VLV. Willeen van Rhyn, Bokka Wagenaar, Elmarie en Bernice van der Merwe.

Een van die taklede, Marietjie Lombard, prikkel ons gedagtes met “Het jy geweet?”

*Ritsluiters is vanjaar 130 jaar oud. Dit is aanvanklik gemaak om skoene en stewels vinniger aan en uit te trek en later in klere ook gebruik.

*Die lewensduur van katoen is 100 jaar of meer. Gebruik dus katoen as jy ‘n erfstuk wil maak.

*Dames se knope is aan die linkerkant van die kledingstuk. Knope was baie duur en net ryk dames met hulp tuis, kon dit bekostig. Dit was dus makliker vir die hulp om die knope vas te maak.

*Die eerste bedrukte katoenstowwe kom van die stad Calcutta. 1780 is dit calico genoem nav die stad Calcutta in Indië waar die handgeweefde bedrukte katoenstowwe gemaak is. Deesdae verwys Callico na ongebleikte en ongekleurde 100% katoenstowwe. Pasop as jy dit gebruik aangesien dit kan krimp wanneer dit gewas word.

*Naaldwerk was een van die eerste vaardighede wat mense geleer het.

*Die vroegste naalde was nie van metaal gemaak nie. Dit was van been en ivoor.

*Die eerste elektriese toestel is die plat strykyster van 1893.

*Daar is ‘n groefie in ‘n masjiennaald sodat die garing makliker in die naald-ogie gesteek kan word.

*Knope op hempsmoue was Napoleon Bonaparte se idee sodat die soldaat nie hulle neuse aan hulle moue afvee nie.

Voordele van naaldwerk is dat dit oog-hand koördinasie verbeter, die brein ontwikkel, verlig stress met die herhalende aksies en fokus, maak jou gelukkig deur jou aandag af te trek van angstigheid en negatiewe gedagtes en beveg dementia.