Sirkel: Cradock
Tak: Hofmeyr
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Teresa Opperman
Datum: 10 Oktober 2023
Hofmeyr VLV, onder voorsitter Nadia Bosch en haar bekwame bestuurspan, het vanaf 5-18 Augustus ñ groot verskil in Hofmeyr gemaak, nadat Hofmeyr Hugs of Hope, ñ instansie wat op die inisiatief van Hofmeyr VLV gestig is in 2017, finansiering van Lottoland Help my Dorp ontvang het. Altesaam 7 muurskilderye is in Hofmeyr aangebring, waarvan 1 in totaliteit deur Hofmeyr VLV gedoen is, en hul het hulp verleen by die ander.
Die Aalwyntuin het reeds begin blom
ñ Blomtuin met garingbome en aalwyne, grasse en vygies is op ñ gerehabiliteerde stortingsterrein gevestig. Rioolwater word weekliks oor die 2 tuine gespuit, omdat Hofmeyr ‘n groot waterskaarste het.
Werkers moes fluks plant en die vroue het van oral plante kollekteer.
(Links)Dadda de Jager (Leefstyl) druk besig met garingboomskilderye. (Regs) Nadia Bosch moes op die leer klouter om haar treffende bome te skilder.
Bome op die murasie van ñ ou toilet.
‘n Skildery deur Isabel du Plessis van Hofmeyr VLV.
Die toilet voordat dit geverf is.
Isabel du Plessis en Teresa Opperman het die donkiekar geverf, en Estelle Kruger, vorige VLV sekretaresse, sit by die skildery
Isabel du Plessis en Caria Froehlich het Seënwensengele by al 6 die ingange aangebring
Leave A Comment