Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 27 September 2023
“OLIFANTASTIESE” OGGEND IN KLEIN-BRAKRIVIER
Hanro van Rooyen van Indalu Natuurreservaat (hier op die Tuinroete), het met Klein-Brakrivier VLV taklede oor die wonderlike wêreld van olifante gesels. Hanro se besoek op 27 September was tydens die Landbou geleentheid wat deur Sameroeper, Cecilia Pieterse, georganiseer is.
Olifante spandeer die grootste deel van hul dae in die reservaat op soek na kos, water en modderbaddens. Olifante hou van modder en alhoewel hulle dik velle het, is hulle steeds baie sensitief vir sonbrand en insekbyte. Swaar reën dien aanvanklik as ‘n drinkgat vir baie diere en voëls, en later as ‘n modder paradys vir olifante, renosters en buffels. Olifante kan elke dag gemiddeld 200 kg plantegroei verbruik. Dis emmer-vragte grasse, blare, boomwortels, bas en saadpeule.
Olifant-gedrag is ongelooflik belangrik vir die omgewing waarin hulle woon. Hulle is ekosisteem-ingenieurs van die fauna en flora rondom hulle, en kan die omgewing aansienlik beïnvloed. Terwyl die olifante deur die reservaat kronkel, help hulle om plant- en boomsade deur hul mis te versprei. Olifantmis is ryk aan voedingstowwe en vog en dien as kunsmis vir sade om te ontkiem en te floreer. Grasse, plante en boompies word in nuwe gebiede gevestig en verskaf nuwe kos vir ander herbivore soos wildsbokke, sebras, kameelperde asook voëls.
Terwyl die olifante bome platslaan en deur dik plantegroei stoot, skep hulle oop ruimtes vir ander herbivore om voer te vind. Hulle maak ook blaar-takke toeganklik vir kleiner en/of korter dierspesies en bied vir hulle skuiling en beskerming. Hul voedingsgewoontes slaan bos-indringing plat en bevorder ‘n gesonder balans tussen grasse, bosse en bome. Die sade bevoordeel ook voëls. Soos nuwe plante groei, lok hulle insekte en ander ongewerwelde diere waarop voëls kan voed. Daarbenewens bied die takke van die nuwe bome nes-plekke en skuiling vir voëls. Al hierdie faktore help om algehele biodiversiteit te verbeter.
Kyk gerus volgende keer met nuwe oë na hierdie bosreuse.
Vriendelike gesigte rondom die “skatkistafel”
Lede met genooide gaste geniet die oggend
Lydie, Voorsitter 2019-2023 staan bankvas agter die 2024 Voorsitter
Lydie, Opvoeding en Kultuur Sameroeper 2023, doen ’n kort aanbieding oor Bali
(Links) Franci is die gelukkig wenner van ’n BAIE gesogte koek wat deur Eva gebak en geskenk is.
(Regs) Cecilia Pieterse, Landbou en Tuinbou Sameroeper het ’n heerlike program saamgestel
Hanro het oor olifante gesels en dames het almal saamgestem dat hy “sag op die oog” is.
2024 se nuwe bestuurspan, van links na regs: Lucia du Plessis, Gesondheid Sameroeper; Ria van Straaten, Kompitisies; Denise Taljaard, Openbare Sake Sameroeper; Susan Ann Chatterton, Kunste & Handvlyt Sameroeper; Eva Bauw, Sekretaris; Delise Erasmus, Ad Hoc-lid; Franci Raubenheimer, Voorsitter (kruip weg); Susanne le Roux, Visevoorsitter; Rita Cameron, Ad-Hoc lid (kruip weg); Cecilia Pieterse, Landbou Sameroeper; Dawn Greyling, Leefstyl Sameroeper; Lynette Nel, Tesourier.
Leave A Comment