Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Leefstyl en Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 20 Sept 2023

Op Woensdag 20 Sept het ‘n vrolike groep VLV-lede by Lollie Venter se huis byeen gekom. Dis altyd lekker om mekaar te sien en die afgelope maand se nuus uit te ruil! Ook het die Opvoeding & Kultuur-saamroeper, Anna van Niekerk, gevra dat elkeen ‘n Rugby Wêreldbekerspan moet kies (behalwe die Bokke!) en daardie land se vlag moet teken, met 5 interessante feite oor die land daarby. Daar het werklik baie interessante feite na vore gekom. Nieu-Zeeland het net 1 ondersteuner gekry, terwyl die ander gunstelinge Ierland, Frankryk, Engeland, Skotland en Italië was.

Lollie, die saamroeper van Leefstyl, het die vraag “Wat is Leefstyl?” behandel. Dis die manier hoe ons leef – waarvan daar baie maniere is, bv Boheems, Vegetaries, ens. Dis belangrik om genoeg slaap, kos, oefening, basiese liefde en aanvaarding te kry. ‘n Werk is ook natuurlik belangrik. Daar moet ‘n gesonde balans wees tussen “Mind, Body & Soul”. Tendense en mode verander gedurig en ons sien onsself deur ander se oë met klem op “inpas”! SOUL beteken egter dat God nooit verander nie. Lollie lees Rom.8:24-38 voor.

Lollie se skoondogter Ninke het ook die pragtige blommemeisierokke wat Lollie vir haar dogtertjies gemaak het vir die komende naweek se troue, vertoon.

‘n Groep van die Rugbyvlae word vertoon.

 

 

 

 

Lollie Venter (regs) het die rokkies vir haar kleindogters gemaak. Links staan Lollie se skoondogter Ninke Venter, ma van die prinsessies.