Sirkel: Paarl

Tak:  Suider Paarl

Portefeulje:  Gesondheid

Datum:  20 September 2023

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Die Suider Paarl Tak het in September hul Gesondheidvergadering gehou waar tydens twee Oudioloë van die Paarl Gehoorsentrum, Me Lizel van der Merwe en Aneka Velleon, die gaste toegespreek het.

Hulle het presies verduidelik na watter tekens ‘n persoon moet oplet en dat gehoorverlies ook baie bykomende kwale kan veroorsaak en dat dit selfs kan lei tot sekere demensies en depressie.

Hul het ook baie goeie inligting verskaf oor wat ‘n persoon te doen staan en hoe hul as praktyk van hulp sal wees om die regte besluite te neem aangaande gehoortoestelle en die pasiënt sal help tot tevredenheid.

Daar is ook ‘n demonstrasie gegee van die maak van ‘n Tussie Mussie deur me Corlea Mouton.

Ook is die sekretaresse, me Berta Spangenberg, op takvlak geluk gewens met haar trofee en sertifikaat wat sy gewen het by die WBPV in Malaisië vir haar pragtige geborduurde skinkbordlap.

Me Corlea Mouton wat die “ Tussie Mussie” gedemonstreer het.

 

 

 

 

Die Oudioloë en Sameroeper.  Vlnr:  Mev Lizel van der Merwe, Me Annie van Schalkwyk (Sameroeper) en Me Aneka Velleon.

Mev Berta Spangenberg met haar  trofee en sertifikaat wat sy gewen het by die WBPV vir haar geborduurde skinkbordlap.