Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Petrusville

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Datum: 19 September 2023

Doodle-kuns

Saamroeper van Kunste en Handvlyt, Suné Coetzee, het die lede tydens ons laaste vergadering bekend gestel aan Doodle-kuns. Doodle is ‘n eenvoudige skets wat gemaak word terwyl die “kunstenaar” se gedagtes elders besig is, bv. tydens ‘n telefoonoproep, vervelige vergadering of dagdromery in ‘n klaskamer, as ‘n pen en papier beskikbaar is. Kunswerke varieer van baie eenvoudige lyne en patrone tot ingewikkelde sketse, soos karikature, landskappe, geometriese vorms, ens. Al wat benodig word, is ‘n “fine liner”-pen en ‘n papier om die kuns te beoefen. Doodle help dikwels om stres te verlig en word deur terapeute voorgeskryf. Sy het die lede aan die gang gesit om te doodle en interessante “kunswerke” is geskep.