Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Kongres terugvoer
Beriggewer: Lea van der Vyfer
Datum: 30 Augustus 2023
TEMA 2023/ 2024: Ons Jeug, Ons Toekoms
PROJEK 2023/ 2024: Bevorder & Kweek ‘n Liefde vir die Natuur & Diere
Kongres 2023 Terugvoer
- Aangebied deur Sirkel SWD (Suid-Westelike Distrikte)
- By Misty Valley Farm Venue, buite Hartenbos in die Wes-Kaap
- Tema: Ons Jeug, Ons Toekoms
- Lea van der Vyver verteenwoordig Aberdeen Tak
- Elna van Niekerk waarnemer van Aberdeen Tak
- Opsomming van aanbiedings in die nuusbrief
Skriflesing – Ds Gerrie van Deventer
- Ps 8 gee lof aan die Skepper
- Ons moet in verwondering wees oor God!
- Kyk na die skepping – die natuur
- Kyk na God se skepsels – mense is net minder as hemelwesens geskape
- Kyk na die Skepper – Hy is Bo alles en agter alles.
Opening Speech – The Youth of Ukraine & Challenges of War – Luibov Abravitova, Ukraine Ambassador in SA
- On 24 Feb 2022 millions of people had to flee from their houses due to bombing starting.
- War started more subtle 9 years ago, but international community did not react until full scale war.
- Ukraine people now fighting for survival – women standing up to protect their children.
- War put Ukraine on the map – now everybody knows the worth of the country and its role in world food security.
- Russia has destroyed a lot of the country – especially historic architecture.
- Russia aims to eliminate Ukraine culture and nation – children are taken out of Ukraine to Russia and schools are attacked.
- BUT people are starting to come back – women are raising & teaching their children in the bomb shelters.
- We see God’s plan in this – Ukraine had to burn so that it can bloom again – we need your support & prayers.
- Woman have so much power and influence in communities – they are already thinking about how we are going to live after the war.
- WAA should connect with Ukrainian Woman Organisations.
- Ukraine se nasionale blom is die sonneblom – elke Kongresganger het ‘n sonneblom gebring wat oorhandig is en aan vroue in Ukraine gestuur gaan word om VLV se ondersteuning te wys.
Dankiepersoon 2023
Riaan Cruywagen vir sy uitsonderlike rol en bydrae in die radio en televisie bedryf. Hy spot dat hy dankbaar is hy word nie net vir die “gesig van Haas Das” vereer nie! Hy het vir 58 jaar net sy werk as joernalis en uitsaaier na die beste van sy vermoë gedoen.
Studierigting: Opvoeding & Kultuur
Dr Theuns Eloff – Onderwys en ons Jeug se Toekoms
# Die plek van onderwys in die land se toekoms:
* Dis die beste bemagtigingsinstrument wat die land het (Nelson Mandela).
* Die land se toekoms is in gedrang as jeug nie opgelei word nie.
* Kultuur, tradisies & gewoontes word deur onderwys oorgedra.
# Belangrikheid van Moedertaal onderrig is internasionaal nagevors:
* As dit nie gedoen word nie, vind uitsluiting en laer vlakke van leer plaas.
* Dit verbeter akademiese prestasie.
* Dit verbeter ongeletterdheid.
* .Eers as eie taal goed onder die knie het, kan jy effektief in ander tale leer – tot Gr 8 is Moedertaal onderrig dus baie belangrik.
# Wat het in SA verkeerd gegaan?
* Regering het kompleksiteit van landsbestuur onderskat.
* ANC bly ‘n bevrydingsbeweging en wil ‘n sosialistiese staat met alle mag hê – instrumente wat daarvoor gebruik word, is swart ekonomiese bemagtiging, kultuur van toe-eiening & geen verantwoordelikheid, sowel as regstellende aksie.
* Planne word swak geïmplimenteer.
* President neem nie sterk leiding nie.
# Gevolge:
* Toksiese kombinasie van korrupsie, kader ontplooing en rasse transformasie.
* Die staat is besig om te misluk.
* Daar is min of geen dienslewering.
* Armoede, werkloosheid & ongeletterdheid.
* ANC soek sondebokke vir hulle foute.
# Verkiesing 2024
* 4 scenario’s uitgespel.
…* Daar is wel hoop – die ANC is besig om van mag ontslae te raak – kan hulself nie meer red nie & daar is nie meer geld oor om korrup te wees nie.
* Teen 2029 verkiesing is wesenlike verandering moontlik.
# Breë onderwyslandskap:
* Stelsel het misluk.
…* In SADOU se greep – stel nie in onderwys belang nie, net salarisse.
…* Wil nuwe staat skep met net Engels – Swart tale is almal teen mekaar.
# Afrikaans in skole:
…* Daar is min publieke Afrikaanse skole oor en dit gaan minder word.
…* Oplossing in die bou van privaat Afrikaanse onderwysstelsel – pyplyn van voorskool tot Universiteit.
# Opsomming – leef met humor, realisme, hoop & geloof – bly in SA en help bou.
Studierigting: Gesondheid
Dr Adriaan Liebenberg, Neurochirurg – Pyn
- Pyn is nr1 siekte in wêreld – siektes soos hartprobleme, obesiteit, diabetes & osteoartritus eindig in pyn.
- 8,8% van kinders en 28,3% van mense in SA is obees – dit is ‘n globale pandemie.
- Hoofoorsake is o.a. geneties, gemorskos, kosverslawing, suiker, leptien weerstandigheid, waninligting.
- Obesiteit lei tot depressie, angs, sielkundieg probleme, hoë bloeddruk, slaapapnee en selfs breinskade – dit veroorsaak dus pyn.
- 1 uit 5 mense leef in pyn.
- Tipes pyn – akkute pyn nou a.g.v. besering; asook chroniese pyn wat persoon oor tyd voel en nie meer te doen het met die oorspronklike oorsaak nie.
- Pyn word in die brein veroorsaak en die struktuur van die brein verander as ons chroniese pyn het.
- In baie gevalle word operasies onnodig gedoen en is die pyn steeds daar.
- Behandeling van pyn behoort holisties gedoen te word – mediese behandeling, alternatiewe terapie, “mindfulness”, oefening & omsien na self.
- Chroniese pyn kan slegs oorwin word indien jy nie ‘n “slagoffer” mentaliteit het nie – neem beheer en word ‘n “Pain Warrior” wat beheer neem en jou toestand met deursettingsvermoë
- The Pain Collective is ‘n professionele span wat pyn holisties diagnoseer en behandel, meestal sonder operasies. Verskeie klinieke in Wes-Kaap. Besoek webwerf thepaincollective.com vir meer inligting.
Presidentsrede – Estelle du Plessis
- VLV kan leer by bye en vergelyk word met bye.
- Die President of Voorsitter is die koninginby en die lede is die werkerbye wat die hart van VLV vorm.
- Bye leef in kolonies en ons as VLV hou vergaderings en organiseer ons huise.
- Bye werk saam om heuning te maak en VLV lede werk hand aan hand om diens te lewer en nuwe dinge te leer.
- Bye het die uitdaging om stuifmeel te vergader – dit is soos ‘n projek waar daar samewerking tussen VLV lede is.
- Negatiwiteit kan die voortbestaan van VLV beïnvloed – geniet VLV, ondersteun mekaar en waardeer die klein dingetjies in die lewe.
- VLV bied ook ‘n tuiste vir vroue – wees jouself en dien mekaar.
Studierigting: Kunste & Handvlyt
Nickey Ras – Lewe in Kleur
- Stel jouself voor alles is grys om jou!
- Soms gaan lê dit ook in ons gemoed…
- Leef in kleur – dink of daar areas in jou lewe is wat grys is.
- Ons is gemaak om in VOLKLEUR te leef – kom terug in die wonder wat ‘n kind vir die lewe het.
- Hê die gesindheid van ‘n kind – ons het verleer om te waag.
- Leef sonder grense!!
- Terwyl daar strelende agtergrond musiek speek, raak elkeen kreatief en ons teken met vetkryte in blokke – jou gunsteling vrug, dier, kleur & tydverdryf, jou gelukkigste en ook hartseerste oomblik, wat jou droom vir die lewe is en wat kleur toevoeg tot jou lewe.
- Elkeen raak bewus van hulle emosies en hoe ons kleur gebruik vir die gelukkige, vrolike dinge teenoor die hartseer & negatiewe dinge.
- Kies om jou lewe in kleur te leef!
Skriflesing 2de Dag – Ds Dewald Davel
- Ons leef in ‘n stukkende wêreld en kom soms op ‘n punt waar ons lus is vir niks.
- Bedink dan die teenwoordigheid van die Here – In Mat19 was die deure gesluit waar dissipels vergader het, en tog het Jesus in hul midde gaan staan en gesê “Vrede vir julle”.
- God staan ook by jou en wil binne-in jou omstandighede Sy vrede gee.
- Deel genesing aan ander uit, anders ontvang jy ook nie.
- VLV is ‘n instrument om mooi te maak en ander te help en so lewe te bring.
Studierigting: Leefstyl
Sonja de Beer – Karoo Plaaskind Beland voor TV Kameras
– Dek ‘n mooi tafel, kry jou hartsmense om die tafel en praat hart tot hart.
– Vars tuisgebakte brood is ‘n groot bederf vir mense en laat hulle spesiaal voel.
– Bid terwyl jy kos maak en seën die mense wat dit gaan eet.
– Verskeie resepte en wenke word gedeel.
– Deel haar storie van borskanker, haar mastektomie en hoe sy kort daarna deelgeneem het aan Kokkedoor program.
– In moeilike tye verdwyn wie jy is en skyn die Here deur jou.
– Ons het God se Woord om aan vas te hou en kan nie die dag sonder Hom begin nie.
– Klim oor die muur wat jou vriendin, wat skielik stil geraak het, om haar bou – vat ‘n brood saam en gaan sit en luister na haar hart.
– Vergeet van jouself in slegte tye en fokus op ander – bid vir hulle.
– Besoek haar webwerf vir resepte en kookklasse sonjasflavourco.co.za
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Marietjie Coetzee – Die Kampioenboom (Fluisterboom)
- ‘n Kampioenboom is van nasionale belang en word beskerm.
- Die Fluisterboom in Albertinia op Voëlroepersfontein, is ‘n Wildevy wat weens sy grootte en ouderdom in 2017 tot Kamioenboom verklaar is.
- Ouderdom geskat 200 jaar, stamomtrek 14,6m, hoogte 17m en kroondeursnee 36,4m (soos amptelik gemeet in 2017).
- Gedoop “Fluisterboom” omdat jy volgens oorlewering die boom kan hoor fluister as jy aandagtig luister.
Studierigting: Openbare Sake
Marguerite van der Merwe – Hoe Maak ek my Drome ‘n Werklikheid?
- Sy deel haar storie van waar sy nie eers geweet het wat om te doen nie, tot by ‘n groot suksesvolle besigheid vandag – Piekant Picnic.
- Sy wou haar eie inkomste genereer en het verskeie dinge probeer.
- Een nag het sy gedroom sy en haar kinders sit op ‘n piekniekkombers en sy wéét – dit is God se plan vir my!
- Sy moes ‘n naaimasjien gaan leen en leer stik, maar begin toe komberse maak.
- Dit was ‘n lang, moeilike pad met baie struikelblokke en uitdagings, maar sy het aan die droom vasgehou.
- Glo net God het ‘n plan en besluit elke dag dat jy ‘n sukses gaan maak, al lyk dit menslik onmoontlik.
- Vandag het haar besigheid verskeie werknemers, ‘n winkel in ‘n besigheidsperseel in George, asook ‘n aanlynwinkel. Hulle ontwerp en druk hulle eie materiaal en vervaardig verskeie produkte. Hulle verkoop aan privaat kliënte, groot korporasies, asook oorsee.
- Besoek die webwerf om haar storie te lees, na die produkte te kyk en sommer aanlyn te bestel piekant.com
Leave A Comment