Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Studierigting:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Mariëtte Krige

Datum: 14 September 2023

Bome hou ook van reën

Kuilsrivier tak se dames skrik nie vir reën of koue nie, as ‘n boom geplant moet word vir die kinders, sal hy geplant word.

Op 14 September 2023 het drie dames hulle reënbaadjies aangetrek en die boom by Hoërskool de Kuilen gaan plant. Met groot liefde is daar gesorg dat die boom geplant word daar waar die skool en kinders eendag die beste nut uit die skaduwee sal kan put.

 

Etetia Conradie en Marlene Lots het die boom geplant, terwyl Anita Jacobs die foto’s geneem het. Meneer Alberts van Hoërskool de Kuilen het die plek aangewys en twee baie behulpsame werkers het die dames met die spitwerk gehelp.

 

 

VLNR: Etetia Conradie, Mnr Alberts, Marlene Lotz en die hulpvaardige werkers

 

 

 

 

 

 

Marlene Lotz maak seker die boompie staan vas om mooi te groei.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Met die reën wat geval het, amper soos seënwense van Bo, hoop ons die boom sal skaduwee aan baie toekomstige skoliere verskaf en plek vir voëls om vir hulle te sing.