Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai

Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: September 2023 

LENTE MAKIETIE

“Die uitdaging van verandering”

VLV GANSBAAI KALENDER 2023 STORIES GAAN VOORT

Hierdie “link” verteenwoordig ‘n “Youtube” video van die uitnodiging wat na die VLV Dames van Gansbaai gestuur is om hulle uit te nooi na die middag se verrigtinge.

https://youtu.be/LGLqRwx4QC4?si=qsq_YSWMgXzifBwQ

Die Leefstyl Sameroeper, Marianna Mostert stel die program van die middag aan die dames bekend.

Sy voer ‘n onderhoud met elkeen van die Leefstyl Gasvroue en so leer die vergadering hulle ken.  Daar is baie nuwe lede en dit is nodig dat al die VLV Vriendinne mekaar leer ken. Die vrae wat sy aan hulle vrae is onder andere:  Watter kleur is jou gunsteling kleur?  Watter blom is die mooiste vir jou?  Van watter seisoen hou jy die meeste?  Watter liedjies luister jy graag na? Wat is jou gunsteling kossoort?  Wat doen jy om te ontspan?

Leefstyl gaan oor die vrou,

  • STYLVOL van haar kop tot haar toon,
  • die TUISTE wat sy skep vir haar gesin,
  • sy VERSIER haar huis met haar hekelwerk, breiwerk, weefwerk en masjienwerk. Haar Kunswerke
  • sy VERSORG haar huis
  • sy VOED haar geliefdes deur die KOS & GEBAK wat sy vir hulle VOORBEREI en

Sy nooi ook die dames uit om te gaan kyk na die TEKSTIEL Uitstalling asook ‘n TEGNIESE Uitstalling oor die nuutste KLEURE IN DEKOR, DEKOR STYLE en VOOR EN NA FOTO’S

Karin Franken, die eienares van ‘n pragtige winkeltjie op Gansbaai gesels oor stoffering. Stoffering red ons wêreld, ons herwin en ouer meubels is steeds sterker en beter, dit is goedkoper en het sentiment. Wanneer jy moet besluit wat die keuse van die tekstielstof gaan wees waarmee jy die meubelstuk wil oortrek, moet jy heel eerste bepaal wat die doel van die meubelstuk gaan wees. Is dit net ‘n vertoonstuk, gaan daar baie verkeer op die meubelstuk wees, is daar troeteldiere betrokke wat op die meubelstuk gaan kuier. Gaan die meubelstuk blootgestel wees aan sonlig of buitelig of ekstreem weersomstandighede. Eers dan kan jy ‘n ingeligte besluit neem oor die tekstielstof. Verskeie soorte materiaal is beskikbaar en almal het voor en nadele. Katoen, linne en hemp is natuurlike materiaal. Leer hou die langste, maar is baie duur. Sintetiese stowwe hou langer. Nuwe mikrovesels is stofbestand en hipo allergenies. Buitelug materiale word behandel teen ultra violet strale en is waterdig. Stoffeer eerder as om nuut te koop.

Ronel Coetzee, ‘n binnehuisversierder wat onlangs na Gansbaai verhuis het, word aan die woord gestel.  Almal wil hulle huise opkikker en dit hoef nie duur te wees nie. Jou huis is uniek soos jy uniek is. Dit wat jy aan jou lyf kan verdra sal jy in jou huis kan verdra.  Dink prakties en “declutter”(ontwarboel) Vra jouself 3 vrae; het dit ‘n funksie, is dit heel en mooi en het dit sentiment?  Skuif jou meubels gereeld rond, jou huis moet prakties en ook mooi wees. Vereenvoudig jou palet, te veel kleur lyk onrustig, sit eerder spatsels van kleur by.

Nuwe tendense is: Alles wat aards is, klip, hout, groen, lila. Kurwes, fluweel en koordferweel is terug. Grys is oppad uit, HOUT IS GOUD. Geniet jou huis!

Op die foto links bo van links na regs:  Ronel Coetzee en Karin Franken, die twee Sprekers vir die middag

Die Leefstyl Gasvroue besig om voor te berei vir die middag se verrigtinge.

Hierdie “link” verteenwoordig ‘n “Youtube” video wat gemaak is van die middag se aktiwiteite en die dames wat die vergadering bygewoon het.

https://youtube.com/watch?v=s9sYIw8fV5M&feature=shared