Sirkel: Tygerberg
Damesoggend
Beriggewer: Ita van der Merwe
Datum: 15 Augustus 2023
Sirkel Tygerberg se Damesoggend op 12 Augustus, “ Skitter in Winter”, was ‘n heerlike saamkuier vir lede en vriendinne. Lede en vriendinne wat nie aan VLV behoort nie, het ‘n genoeglike oggend saam geniet. Dit is ‘n oggend waar lede en gaste kan luister na insiggewende praatjies en mooi musiek.
Elke tak was verantwoordelik vir ‘n tafel. Tafels is vroegoggend versier met fyn poselein, blomme , versierings en smullekker eetgoed, wat die geleentheid laat skitter het. Elke tafel was keurig gedek en het getuig van goeie smaak. Kommentaar van lede sowel as gaste was dinge soos : “Fyn en vroulik”, “‘n Hartsboodskap wat tot my gespreek het” en “‘n Fyn balans tussen ernstig en vrolik”!
Die spreker is ‘n fyn intellektuele dame met ‘n innemende persoonlikheid. Liezel Byliefeldt se praatjie het gehandel oor die Uitdaging van Verandering met die boodskap dat jy die beste jy kan wees ongeag jou omstandighede. ‘n Senior gas het opgemerk dat sy haar veranderde lewe in oënskou moet neem deur beter na haarself te kyk en sodoende meer vir haar geliefdes te kan beteken. Me Byliefeldt se navorsing is gebaseer op onderwysers wat reeds ‘n lang tyd in plekke soos Delft onderwys gee, ongeag omstandighede wat soms sleg tot baie swak is. Hulle glo om verandering in ‘n gemeenskap te maak, berus op elke individu. Wenke soos: Versorg jouself en pas jouself goed op en tree verantwoordelik op. So ‘n gesindheid kan deur jou lewe verandering in iemand anders se lewe te weeg bring, is haar boodskap aan almal.
Johan Brand se sang was verfrissend en het die hartsnare geraak. ‘n Stem wat enigiets van gospel tot Italiaaanse opera en Gé Korsten se liedere meesterlik kan vertolk en goeie verhoogpersoonlikheid het.
So het almal die oggend geniet en iets gekry om huis toe te neem en oor na te dink.
René Nel (S/President), Liezl Byliefeldt(gasspreker), Johan Brand(Kunstenaar), Annette Bekker (Voors Bottelary-Koelenhof) en Elmine Möller(Vise-President)
Hottentots-Holland lede: Anne Andersen, Charlotte Kriek, Annie Potgieter(voorsitter) en Annerie Mac Donald
Bottelary-Koelenhof
Mooi versierde servet Bordjie eetgoed
Lede van Parow: v.l.n.r.: Delene van Schoor, Mareta Bester(Voorsitter), Elaine Duvenage, Marie Niemand, Marlene O’Kennedy, Sophie Mundey
Goodwood se tafel Eetgoed
Kuilsrivier lede:Voor: Marlene Lotz, Anna van der Merwe, Agter: Minda Maritz, Mariëtte Krige, Mala vd Merwe, Gerda van der Westhuizen, Elmine Möller (voorsitter)
Kuilsrivier tafel
Brackenfell
Brackenfell tafel
Lede van Bottelary-Koelenhof: Annette Bekker, René van der Merwe en Orsola Pecar
Kuilsrivier tafel
Leave A Comment