Sirkel:             SWD

Tak:                 Voëlvlei

Portefeulje:    Alle Studierigtings

Beriggewer:   Ada Gericke

Datum:           29 Augustus 2023

Die Augustus-vergadering van Voëlvlei se VLV het die vorm van ‘n potpourri aangeneem deurdat elke saamroeper ’n insetsel gelewer het oor die see se invloed op haar studierigting.

Wat gesondheid betref, het Ada Gericke, sameroeper, die voordele van seekos vir die liggaam uitgelig.  Die waarde van al die nodige vitamines en omega 3 en 6 in seekos is omvattend en gereelde inname van vis dra baie by tot die algemene welstand van die liggaam.  Die waarde van stilword by die see of stap op die strand vir geestesgesondheid moet ook nie onderskat word nie.

Hendie Grobbelaar, bekende skryfster van Gouritsmond, het vir Kuns en Handvlyt ‘n pragtige gedig van Antjie Krog voorgelees oor ‘n meermin.

    Hendie Grobbelaar

Die dames is volledig ingelig deur Andreshia Radyn van Openbare Sake oor wat rooigety is, hoe dit ontstaan en die nadelige gevolge daarvan op die ekonomie.

Die omgewing en Landbou se verband met die see hier in ons gebied, is baie belangrik en Erich Goold en Ethan Elbrecht het die dames ingelig oor hulle werk as kuswagte van Natuurbewaring. Die gebied tussen Kanon en Springerbaai word gereeld deur hulle gepatrolleer. Hulle het die belang van die bewaring van bedreigde spesies benadruk en ook die feit dat ons ingelig moet wees oor die reëls ten opsigte van die see.

 

 

 

 

 

Erich Goold en Ethan Elbrecht

 

 

 

 

 

 

 

Johlene Muller, saamroeper vir Landbou en Tuinbou het die nadele van metaangas wat beeste opbring vir aardverwarming ook aangeraak. Interessant is die gebruik van rooi seewier in die beeste se voedsel om die uitlaat van metaangas te verminder.

Cathy Klaassen, saamroeper vir Opvoeding en Kultuur het ‘n volledige oorsig gegee oor kreef en ‘lobster’ en die verskil tussen die twee spesies.

Linzetta Smit, Leefstyl se saamroeper, het gewys wat alles gedoen kan word met n blikkie tuna en die dames kon heerlik smul aan die eindprodukte.

Die dames het die vergadering verlaat met ‘n nuwe respek en dankbaarheid vir die natuurwonder uit die Skepper se hand – die see!