Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Uitstappie:  Openbare Sake

Beriggewer:  Mariëtte Krige

Datum: 30 Augustus 2023

 

Uitstappie na Hensie Vroom Tehuis, Stikland, Bellville

 

Woensdag 30 Augustus 2023 het ‘n paar van die dames van die Kuilsrivier tak die Hensie Vroom Tehuis op die Stikland gronde in Bellville besoek.

VLNR: Marlene Lotz, Elmine Möller, Anna van der Merwe, Blanchè van Staden, Mariëtte Krige, Gerda van der Westhuizen, Carien Pretorius.

Die tehuis is vir die versorging van mense van verskeie ouderdomme wat fisies en verstandelik nie daar toe in staat is om hulle self te versorg nie

Pakkies is opgemaak met produkte vir persoonlike sorg, worry worms en sokkies. Gebreide teddies en ander diertjies, gemaak deur die VLV dames en komberse gehekel en geskenk deur die NG Kerk Kuilsrivier Suid, het deel gevorm van die skenking. ‘n Verskeidenheid rome en badprodukte is aangekoop met die geld wat die dames van die tak geskenk het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was ‘n wonderlike geleentheid om te sien met hoeveel liefde na die inwoners omgesien word. Elke behoefte word aangespreek met groot deernis en geduld. Die personeel is werklik spesiale mense!