Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Louisa Smit
Datum: 28 Augustus 2023
VLV Voëlvlei het op Maandag 28 Augustus kleurpotlode gaan oorhandig by Albertinia Skool. Dit vorm deel van die VLVK en SWD se ondersteuning van Opvoeding en Kultuur. Hierdie potlode was ingesamel by Kongres 2023 wat vroeër die maand in Hartenbos plaasgevind het.
Die Adjunkhoof, Me Booyens, het die potlode in ontvangs geneem aangesien die Skoolhoof, Mnr Dennis Karelse, nie beskikbaar was nie. Hy moes vergaderings in George bywoon.
Cathy Klaassen het die oorhandiging namens Voëlvlei gedoen.
Cathy Klaassen en die Adjunkhoof, Me Booyens
Leave A Comment