Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewers: Lydie Terblanche (en Dawn Greyling, tans in skryf leerskool)

Datum: 29 Augustus 2023

 

Tak-Voorsitter Lydie, het in Augustus deur Bali gereis en navorsing oor die kos, kuns, kultuur en landbou gedoen, asook (nie-amptelik) ‘n amptelike geleentheid bygewoon oor ‘n opheffings-program vir jong weduwees. Daar sal later nog baie hieroor met taklede gedeel word.

Vise-Voorsitter, Lynette Nel, het ‘n heerlike, informele tak-saamkuier met die hulp van die bestuurslede aangebied. Die program het ‘n verskeidenheid onderwerpe gedek  soos kompetisies, 2024 se tema ‘Bevorder ‘n liefde vir die natuur en diere’, deelname en voorstelle vir 2024-projekte.

Hoogtepunt van oggend was ons Kongres-verteenwoordiger, Susánne,  se tong-in-die kies terugvoer van  indrukke van die afgelope Kongres by Misty Valley Farm.

Almal se gunsteling lootjie – Sjokolade koek – is deur die gelukkige Laetitia gewen.

Susanne vertel van die Kongres

Almal geniet die byeenkoms