Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Leefstyl asook Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 23 Augustus 2023
25 Dames trek saam om elkeen haar “Human Pin Code” deur Dougles Forbes te ontdek!
Tydens Aberdeen VLV-tak se Augustus vergadering was Leefstyl sowel as Opvoeding & Kultuur as studierigting aan die beurt. 25 Dames woon die oggend by onder leiding van saamroeper Carina Esterhuizen.
Lucille van der Merwe open die oggend waartydens sy ons herinner dat dit in stilwordtye is wat ons die naaste aan God kom. Kalmte en vrede kom regtig wanneer jy op jou knieë is. Sy bemoedig die dames aan om te onthou dat vrouens meer mag het as wat ons besef.
Norette van Rensburg van Rietbron stel die spreker van die dag, Marietjie Greeff, aan die woord. Elke dame ontvang ‘n vraelys wat geskoei is op Dougles Forbes se teorie or die “Human Pin Code”. Die vraelys word ingevul in ooreenstemming met jou dag van verjaarsdag, maand en geboortejaar, waar syfers dan ooreenstemmend ingevul word onder persoonlikheid, lewenspad, lewenslesse, en so meer. Baie dames was verstom oor die akkurate beskrywing van hul aktiewe en re-aktiewe eienskappe.
Dankie aan Lea van der Vyver vir die gelukkige trekking geskenk, wat deur Miems van Loggerenberg gewen is. Suzanne Lategan en Maryke Lategan het gesorg vir heerlike eetgoed.
Die lente is in die lug as gekyk word na die pragtige inkalelies
Suzanne & Maryke Lategan het hulself oortref met die heerlikste eetgoed
Saamroeper vir Leefstyl, Carina Esterhuizen (regs) & Marietjie Greeff (spreker van die dag)
Dames druk besig om hulself te ontdek
Annalize Lategan, Jadré Lategan & Norette van Rensburg in ‘n gesellige luim tydens teetyd
Agter: Engela James, Carina Esterhuizen, Norette van Rensburg, Joan Barnard, Marietjie Steenkamp, Mildred van der Westhuizen, Karen van Rensburg, Karin Pienaar, Christelle Nel, Sané van Dyk, Miems van Loggerenberg, Elsa Featherstone & Lynette Marais. Middel: Annalize Lategan, Annalie Lategan, Elna van Niekerk, Suzanne Lategan, Alet Gouws, Heidi Lombard & Linda van der Merwe. Voor: Lea van der Vyver, Lucille van der Merwe, Marietjie Greeff & Maryke Lategan (foto geneem deur Jadré Lategan
Leave A Comment