Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 23 Augustus 2023
Vanjaar het die Suider Paarltak besluit om aan die Kultuur deel van die portefeulje aandag te gee.
Ons het ‘n Indiese dame, Nicole Neething, gevra om ons meer van die Indiese kultuur te kom leer.
Die tafels was pragtig versier in ‘n Indiese styl met baie mooi versiering van silwerware en gedroogde kruie en speserye.
Nicole het begin deur te vertel hoedat ons met ons sintuie moet kook. Ruik aan die speserye en deur goeie spesery in kos te gebruik, word die liggaam gereinig van gifstowwe.
Sy het verskillende speserye gemeng en gaar gemaak sodat die gaste daaraan kon ruik en later die hoender bygevoeg om ‘n “Butter Chicken” dis te maak. Tydens die gaarmaak proses het sy meer oor gewoontes en kultuur gepraat. Ook het sy gedemonsreer hoe om ‘n Sari, van 8 meter lank, om ‘n persoon te drapeer. Die sari word hoofsaaklik op feesdae en troues gedra. Met troues word rooi en goudkleurige sari’s gedra.
Sy het ook oor die Indiese geloof teenoor die Christen geloof gepraat en vertel hoe sy dit ervaar het.
Daar was ook pakkies met haar speserymengsels te koop.
Die lede en gaste is bedien met ‘n heerlike hoender op rys gereg in ‘n bamboes bakkie en ’n tipiese Indiese nagereg.
Berta Spangenberg, sekretaris, Karen Visser, Sameroeper van Opvoeding en Kultuur, Marinda Rall, Sirkel President, Nicole Neethling, Speker oor die Indiese Kultuur, Gonny du Plessis, takvoorsitter.
Die 8 meter Sari
Me Nakkie van der Westhuisen met die klaar gedrapeerde sari.
Keurig gedekte tafels vir die Indiese oggend
Leave A Comment