Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Studierigting:  Opvoeding En Kultuur

Beriggewer:  Mariëtte Krige

Datum: 2 Augustus 2023

Boeliegedrag op alle vlakke van die samelewing en dan ‘n lekker spa bederf

Woensdag 2 Augustus 2023 het mevrou Anna van der Merwe die sensitiewe onderwerp van boeliegedrag op alle vlakke van die samelewing aangespreek op ‘n baie sensitiewe, maar eerlik en openlike manier.

Die BADISA poppekasgroep het vir ons kom wys hoe boeliegedrag, gevolge en maniere van hantering aangespreek word.

Mevrou Leana Sutherland, maatskaplike werker by Laerskool Mikro, het onder ons aandag gebring op welke wyse nie net onder kinders by die skool nie, maar in die werkplek, ouerhuis, ouetehuis en hospitaal, oral kom boeliegedrag voor en het ook raad gegee hoe om dit te hanteer.

 

 

 

Om die gemoedere bietjie te lig na die baie swaar onderwerp, het Anna van der Merwe ons almal lekker bederf met ‘n spa tema partytjie. Almal was toegewikkel in hulle kamerjasse en pantoffels. Lekker gepanser teen die koue.

 

 

 

 

 

 

 

 

Een besonderse japon, ver oor 50 jaar oud, het meer gelyk soos ‘n jas vir ‘n spesiale geleentheid. Lida Visser is die gelukkige dame wat die mooi kamerjas besit.

 

 

 

 

Warm sop en tuisgebakte brood is bedien, waardige teenvoeter vir die koue Augustus weer. Verder het ons monsters van verskillende produkte gekry om onsself by die huis te pamperlang.