Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 15 Augustus 2023
Andrea Baramasco het ons aan Shabby Chic voorgestel. Dit is ‘n kunsvorm wat ontstaan wanneer jy ou en verweerde artikels in ‘n meer moderne styl optower vir hergebruik – meestal in pastelkleure. Gebruik enige afvalmateriaal wat tot jou beskikking is om enige artikel in iets bruikbaar te omskep – afvallint, materiaal, knopies, toutjies, mooi papier en karton…die moontlikhede is eindeloos. Gee aan jou verbeelding vrye teuels!
Andrea Baramasco (spreker) en Jo-Ann Gericke (sameroeper) by van die artikels wat gemaak is…’n Herinneringsboek en ‘n Pringleshouer.
Goodwood se lede het tydens ons Sirkeloggend, Skitter in Winter, heerlik saamgekuier. Rondom die tafel was van links af: Eljanè en Connie Marais, Marie-Louise Vickerman, Marianne Oosthuizen (gasvrou), Renè Tepper, Rina Kotzè, Edith Lumpp en Elize Eksteen. Feesia Marais was ook teenwoordig (sy het die foto geneem).
Cecile Swanepoel, ‘n geliefde lid van ons Tak, is onlangs, na ‘n kort siekbed, oorlede. Ons sal haar mis en eer haar nagedagtenis.
Leave A Comment