Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Louisa Smit
Datum: 11 Augustus 2023
VLV Voëlvlei het op Vrydag 11 Augustus ‘n Wilde Peer boom by Huppelland Kleuterskool in Albertinia geplant. Dit vorm deel van die VLVK en SWD projek “Bome vir ons kinders”.
Juffrou Irma het reeds gereël dat die gat gegrou is toe ons 11:30 daar opdaag. Ons is baie vriendelik ontvang. Die kleuters is toe uit hulle klassies “losgelaat” en het eerste gehardloop vir die speelgoed – geen saak met die boom nie! Een van ons lede se wederhelfte het die boom vir ons geplant en die gat weer vol grond gegooi. Die kleingoed is toe nader geroep om kennis te neem van die nuwe boom wat hulle verder mooi sal moet versorg sodat dit eendag groot genoeg is vir hulle kinders om in die koelte te kan speel.
Die kinders was baie bly om ook die boom te kon natgooi en dit was ‘n yslike gespook om nie 20 emmertjies water aan te dra vir die boom nie. Hulle bly maar kinders wat in die water en modder wil speel, al is dit nog koelerig.
Kleuters het die boomplant baie geniet
VLV Voëlvlei lede en Huppelland Kleuterskool personeel by die Wilde Peer wat geplant is
Andrieshia en Joria maak seker dat die boompie mooi natgegooi word
Leave A Comment