Sirkel Worcester
Tak: VLV Ceres
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Hannelie van Schalkwyk
Datum: 8 Augustus 2023
Die dames van Ceres word deur die hortoloog van Du Toit Vrugte, mnr. Willie Kotze ingelig oor die gebruik van nette. Hy en sy span het navorsing gedoen oor wat gedoen kan word om vrugte teen hael, son en droogte te beskerm. Hulle wou ook bepaal watter kleur nette die beste vir bepaalde vrugte sal wees.
Die nette voorkom dat die grond so vinnig uitdroog. Dit keer sonskade asook haelmerke. Nette dra by dat 10% tot 20 % water gespaar word aangesien dit langer klam bly. Die hele vrugteboerdery het drasties verander met die koms van nette. Bome word nader aanmekaar geplant. Die groei gaan dus meer in die vrug as in die boom met minder blare en dunner stamme.
Spreker Willie Kotze
Inligting oor die nasionale boom, Witolienhout, word gedeel. Lede kon die boom besigtig, want dit sal aan Laerskool Gericke geskenk word vir Boomplantdag. Die lede leer ook meer oor ons nasionale voël.
Babafrokkies vir Baby Love Projek, word aan mev. Ina de Vries oorhandig.
Ina de Vries en Hannelie van Schalkwyk (voorsitter)
Blomme is aan die dames uitgedeel ter herdenking aan Vrouedag. Vlv –lede besoek ons ere-lid, mev Bettie Giullano, wat haar 95 ste verjaardag gevier het.
Bettie Giullano, Wilna van Wyk en Vera Alberts
Leave A Comment