Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Studierigting:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Mariëtte Krige

Datum: 7 Junie 2023

Kom voel weer jonk!

Woensdag 7 Junie 2023 het mevrou Blanchè van Staden die lede van Kuilsrivier tak teruggeneem na tye toe hulle nog jonk was. Die ouer lede het lekker teruggedink en die jongeres was in hulle element, hulle het nog die gevoel van jonk wees in hulle.

Hiermee het sy bewys dat ouderdom belangrik is en met respek behandel moet word, maar dat in elkeen van ons is daar ‘n kind wat wag om weer ‘n bietjie uit te kom en spelerig rond te kuier.

‘n Lekker partytjietafel is gedek, net soos lank terug. Die dames kon hulle sakkies vul om te eet gedurende die vergadering (amper soos in die klas).

 

Lekkers, koekies en Barbiekoek, afgerond met pons (koffie en tee vir die wat nie daarsonder kan nie).

Lekker kuier om die eetgoed, ‘n jong dametjie wat lekker sing en net ontspan om saam te wees en aangetrek soos tieners! Pryse is uitgedeel en lootjies getrek, alles met groot opwinding, want ons was weer soos in die ou dae lus vir opspring en jolig wees. Alles is met groot afwagting en opwinding ondervind. Dis nie elke vergadering wat ons nickerballs kan suig terwyl die notule gelees word nie.

Die feestelike vergadering is gehou sodat ons almal net weer kan onthou hoe dit was om jonk te wees, ook om die aandag te vestig op die belangrikheid van die jeug, hulle is so belangrik, hulle is ons toekoms.

 

 

 

 

 

 

Blanchè van Staden saam met Marianne Smit wat as die tiener van die dag gekroon is

 

 

 

 

 

 

Verder het van die dames ‘n kort inligtingsdag bygewoon om meer te leer oor selfverdediging vir seniors. Goeie wenke wat prakties toegepas kan word, sonder om fisies te veel aksies te hoef uit te oefen.

Anna van der Merwe en Gerda van der Westhuizen demonstreer van die maniere wat hulle geleer het om hulle self te verdedig.