Sirkel: Middelland
Tak: Graaff Reinet
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Hanfie Neuhoff
Datum: 26 Julie 2023
“Geniet wat jy eet, en wat jy doen terwyl jy eet”!
So begin Suzelle Nel, dieetkundige van Kirkwood, en produkontwikkelaar van Future Life, om die dames tydens die Graaff-Reinet 2023 Intertak byeenkoms te motiveer.
Kostyd, etenstyd, moet ‘n positiewe ervaring wees. Dis hoekom dit so lekker is om gesinstyd en geselstyd om die etenstafel te spandeer. Eet saam met mense, en geniet die smake.
Sy beklemtoon dat die dames reeds die beginsels van goed eet; reg eet; met oorleg eet; gesond eet, ken :
-drink 6-8 glase water per dag
-gebruik vars/heel kosse
-sluit vrugte en groente in jou dieet in…..
-Gebruik verwerkte lekkers/suiker matig
-die sg bord model
Ons bord moet van middelmatige grootte wees en kleurvol as volg ingedeel:
- Proteïn – vleis, vis hoender, eier 1/4
- Stysel – rys, pasta,stampmielies, aartappel 1/4
- Groente – verskeie kleure 1/2
Suzelle haal ook die spreekwoord aan wat sê: “Jy ís wat jy eet”!!!!!!!! Sy beklemtoon dat daar waarheid in steek:
Lae energie vlakke; medium termyn verswakte immuniteit; langtermyn cholesterol; diabetes en hartsiektes, kan deur “verkeerd eet” aangehelp word.
Die waarheid van aktief wees, IS die waarheid. En ook: Daar is ‘n balans tussen reg eet en aktiwiteit.
MAAR sy beklemtoon en onderstreep dat jy moet geniet wat jy eet en doen.
‘n Positiewe gesindheid teenoor jou algemene persepsie van daaglikse voedsel voorbereiding en inname, kan jou reis met gewig, gesondheid, vergemaklik en bevredigend maak.
Moet asseblief nie skuldig voel oor elke happie wat jy in jou mond sit nie
Almal van ons weet wat beteken “gesond eet”.
Daarom mag jy wanneer jy regtig lus is vir iets baie “ongesond”, daarvan eet sodat jou lus bevredig word en jy weer kan fokus op voedsel wat jou liggaan sal bou, jou energievlakke sal laat styg en jou ‘n gesonde blos op die wange sal gee.
Suzelle Nel aan die woord
Leave A Comment