Sirkel: Middelland
Tak: Graaff-Reinet
Intertak
Beriggewer: Hanfie Neuhoff
Datum: 26 Julie 2023
Tydens ‘n Intertak byeenkoms te Graaff-Reinet, gesels Mev Etrecia King met die dames oor die “Glinster” in die ouderdom……
“Jeug is ‘n geskenk van die natuur, maar ouderdom is ‘n kunswerk”
Soos ons ouer word, raak ons dikwels vasgevang in oorleweingsgedrag wat veroorsaak dat ons emosies en gedagtes wasig word. Dit kan mens verlore, kwesbaar en hulpeloos laat voel en as gevolg daarvan wankel mens se selfvertroue.
Dit is wel bekend dat die verouderingsproses vertraag kan word deur die sintuie, brein en spiere te stimuleer.
Die brein is in 3 dele gedeel:
Oorlewingsbrein Werk sonder jou “input”: klop, asemhaal, spysvertering, ens.
Emosionele brein Gevoel, emosies – chemiese aspek kan sonder jou “input” werk
Kognitiewe/Dink brein Kan niks doen sonder jou aktiewe deelname nie.
Dit is die grootste deel. Die deel wat jy gebruik om jou “Glinster” te behou.
Die brein takel af as jy dit nie inspan nie. Staan op en loop ‘n bietjie. Oefen. Buk om iets op te tel. Beweging tydens normale dagtake in die huis
Waar daar lewe is, jou postuur regop is, kom daar ‘n vonkel in jou oë. Interaksie met mense.
Russiese navorsers in neurowetenskappe het bewys gravitasie reseptore onder jou voetsole, aktiveer/prop in gravitasie – prop uit/in/uit. Met hierdie aksie gebeur wonderlike dinge. Emosies, denke, fisiese lyf regop stabiliseer, meer. Stap doelgerig – anker jou geheue en hou jou skerp.
Drie wenke (oefeninge) wat gedoen kan word:
- Strek jou hande en hou vir 8 sekondes. Vou dan ‘n vuis en hou vir 8 sekondes. Doen oefening 3 x
- Jou Antenna: Vryf albei jou ore al om die rand tot onder by jou oorlel.
Doen oefening 3 x, Jy kan dit ook ‘n paar keer deur die dag doen.
- Rol ‘n tennisbal rond onder elke voet.
“Daar is ‘n interne verbinding tussen jou denke, emosies en liggaam. Wanneer die een verander, word die ander twee beïnvloed” (Dr Elmar Green)
Etrecia King aan die woord.
Leave A Comment