Sirkel: Tygerberg
Tak; Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 25 Julie 2023
Helouise Erasmus, ‘n Maatskaplike Werker van beroep, het op die plaas La Cotte, in die Letsitele-gebied gewoon. Daar het sy met, hoofsaaklik, tamaties begin boer. Jan en Yolanda Pieterse van die buurplaas het Miami Canners, ‘n familie-onderneming, begin en so het ons spreker ‘n kontrak met hulle aangegaan en hulle van produkte voorsien. Sy het later ook baie suksesvol met pampoene begin boer. Hulle kon 1 500 kratte tamaties voor 10.00 in die oggend pluk en sy vertel hoe emosioneel sy kon raak as sy die “interlinks” na Miami Canners en Tiger Brands sien vertrek.
Sy vertel ook o.a. van die lang proses wat gevolg word om ‘n produk op die rak te kry. Miami Canners beskik oor ‘n reeks smaaklike produkte wat ook uitgevoer word, en daar word gedurig nuwe produkte bemark.
Ons kon ons net verwonder oor die entoesiasme waarmee Helouise haar werk en lewe aanpak.
Alet Colyn (sameroeper) en Helouise Erasmus (spreker)
Leave A Comment