Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Studierigting: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 20 Julie 2023
Wellington VLV het besluit om vir die Winter bietjie uit te reik en Ubuntu –flesse te vul vir die plaaslike ACVV –tak. Met hierdie maand se vergadering is hierdie flesse oorhandig aan hulle en dit is uitgedeel binne ‘n paar dae aan plaaslike behoeftige inwoners. Gesonde flesse vul die magies van ons dorp en omgewing. Welgedaan aan Wellington tak vir jul bydrae.
Ons Intertak blomme tema is hierdie jaar Ikebana. Kobie Barnard het haar kennis van ikebana met ons kom deel en baie wenke gegee vir hierdie Japanese Blommerangskikking styl. Alles gaan oor lyn en spasie. Altyd ‘n hooflyn, 2de lyn en 3de lyn., Hierdie lyne word in spesifieke hoeke (grade) geplaas. Hooflyn = 15 grade af van jou vertikale lyn, 2de lyn= 45 grade weg van jou , 3de lyn= 60 grade na jou op die horisontale vlak. Baie belangrik om in ‘n spykerhouer te rangskik.
Met die oog op Afrikaanse Taalmaand in Augustus het Sarieta Kitching ‘n voorlesing gedoen oor ONS TAAL. Afrikaans bly maar tops! Verder is daar die mooiste FeesBrode gebak vir die kompetisie en dit het behoorlik na botter en anys geruik.
Natuurlik het Die Manne (Albertus Buckle & ds. Francois) ons ook toegesing die oggend om deel te vorm van die Kunste.
Kobie Barnard by Juanita Loubser(voorsitter) en Marinda Rall ( Sirkelpresident)
Kobie demonstreer Ikebana style
Tanya Swart(middel) en Mitchaan Martin(regs) van die ACVV ontvang die Ubuntu –flesse by Louise Swart (links)
Gerda Smit se goudbruin FeesBrood
Leave A Comment