Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 26 Junie 2023
Vandag is dit ‘n heerlike sonnige wintersdag in die Boland en die Mobiele Boekebus van Thys Smith kom lê besoek af. Boeke en kinders is deel van ons Opvoeding & Kultuur. Susan Laubscher en haar span het hierdie dag beplan.
Hierdie Boekebus vorm deel van kinderland Akademie onder bestuur van DGB. In 2 weke roteer hierdie bus by landelike primêre skole rondom Wellington o.a. Sonop, Wamakersvallei, Rondeheuwel, Bergrivier, Groenberg, Soetendal en meer,
Kinders kry die geleentheid om op die mat in die bus te lees, storie te kyk, maar stories word ook voorgelees en behandel wat dan deur die leerkrag daardie week in die klas behandel word. Lees, Lees, Lees, Lees. Ons kinders moet vroeg leer lees en hierdie inisiatief is fantasties vir enige gebied om daardie saadjie te plant en ook om respek vir boeke en jou taal te ontwikkel.
Die bus word toegerus deur boeke wat geskenk word, maar aankope word ook gedoen deur fondse van DGB af. Die Bus se bestuurder/drywer is Jacobus en die juffrou op die bus is verantwoordelik vir korrekte onderrig van die waardeprojek: verantwoordelikheid, dankbaarheid, selfbeheersing.
Na al die VLV-dames in die bus was, het ons heerlik ontspan met warm tee en koek.
Al die landelike skole waar die bus roteer
Boekebus van buite
Elra Rademeyer, Susan Laubscher(Opvoeding), Thys Smith en Estelle la Grange voor die Boekebus
Die sitarea in die bus waar kinders op die mat stories kan kyk.
Edith Sampson en Louise Swart saam met Jacobus van die bus .
Leave A Comment