Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Isabella Jansen van Nieuwenhuizen
Datum: 11 Julie 2023
Die Uitdaging van Verandering: Kersfees in Julie
Na die opening en ander administratiewe sake het die voorsitter, Valeria Terblanche vir die dames terugvoer gegee en haar ondervinding gedeel na die Dertigste Wêreldbondkonferensie in Kuala Lumpur (Maleisië). Uit haar vertelling was dit duidelik dat dit ‘n onvergeetlike geleentheid was om by te woon. Ons is ook ingelig van die werk wat die Wêreldbond wêreldwyd doen om veral die lot van vroue te verlig.
Tydens die vergadering het ons ook mekaar beter leer ken toe elkeen iets van haarself aan ons meegedeel het – sowaar baie interessant. Op dié koue wintersdag was dit die ideale tyd om ook Kersfees in Julie te vier. Daar is geskenkies uitgeruil op die maat van tradisionele liedjies waarna die vergadering afgesluit is met heerlike warm poedings en vla wat bedien is.
Fotograaf: Isabella Jansen vN
Kersboom Dames ruil geskenkies uit
Leave A Comment