Sirkel: Tygerberg

Tak: Brackenfell

Studierigting: Leefstyl, Openbare Sake

Beriggewer: Renè Ferreira

Datum: 11 Julie 2023

Plaaslike VLV-takke gee om vir Paarlskool-leerders

Die dames van Tygerberg, Brackenfell en Kraaifontein se VLV-takke het vlytig aan die werk gespring toe die winter vanjaar toeslaan.  Hulle het kniekombersies gemaak, gebrei en gehekel en sommige dames het handskoene  (Tygerbergtak het 325 pare gebrei) geskenk vir die leerders wat in rolstoele sit.  Dit was net betyds vir vanjaar se koue winter.   Heloïse Smit (links op die foto) het 40 pragtige sakkies vir die koshuisleerders geskenk.

Op die foto oorhandig Riana Ellis (Brackenfell VLV-Voorsitter) die geskenke aan die personeel van die Paarlskool.  Hulle is v.l.n.r.:  Heloïse Smit, Riana Ellis en Marietjie Flint van die Paarlskool Koshuis wat die skenking ontvang het.

Die volgende VLV-vergadering van die Brackenfell-tak  is op Donderdag 3 Augustus om 09:00 vir 09:30 by NG Kerk Brackenfell-Wes in Die Ark.  Nuwe lede is hartlik welkom.