Sirkel: Weskus
Tak: St Helenabaai
Portefeulje: Openbare sake
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 4 Julie 2023
Sirkel Weskus Projek: Bejaardes en dogters ons prioriteit
Onder leiding van Elsa Kotze, tak sekretaris, is 145 volwasse doeke en 6696 sanitêre doekies ter ondersteuning van die Sirkel Projek ingesamel.
Privaat persone, Spar St Helenabaai en Shoprite Vredenburg was die borge. Spar het, ter stawing van die projek, ook ‘n R200.00 koopbewys uitgeloot. Die totale randwaarde van die projek beloop R4860.00.
Volwasse doeke is oorhandig aan 2 lede en Call to Serve. Die doeke is teen R7.40 elk aanlyn aangekoop, wat aflewering insluit. Die verskaffer was Evony Unisex Adult Nappies (www.drypers.co.za).
Sanitêre doekies is aan skole waar St Helenabaai dogters skoolgaan en die gemeenskap uitgedeel.
Dit sluit in:
Hoërskool Hopefield en Hoërskool Vredenburg.
In St Helenabaai – EJ Malgarte Primary, HP Williams Primary, Steenberg’s Cove Primary, St Helenabaai Primêr, tannie Ella Langville, tannie Mona, Smartie Town en Call to Serve.
VLV St Helenabaai is dankbaar teenoor Elsa Kotze, Elna Louw en hulle helpers vir die insameling Saterdagoggende by Spar, sortering, berging en uitdeel van die produkte.
Leave A Comment