Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

85ste Verjaardag

Beriggewer:   Lydie Terblanche

Datum: 1 Julie 2023

 KLEIN-BRAKRIVIER vier 85ste BESTAANSJAAR

Die Klein-Brakrivier VLV-tak is op 1 Julie 1938 deur mev Dora Robertson gestig, op 1 Julie 2023 is die 85ste bestaansjaar met groot vreugde gevier.

Hierdie spesiale dag “Deur die Dekades” is bygewoon deur die tak se eregaste – raadslede Anton Delamijn en Annetjie Janse van Rensburg; bestuurslede van SWD-Sirkel, Vise-Voorsitter, Christene Coetzee; Tesourier Carol Scott; Kuns Sameroeper Petro Doman; Opvoeding en Kultuur Sameroeper Valeria Terblanche; asook die Landbou Sameroeper; Klein-Brakrivier Takbestuur; lede van ander takke, eie taklede, en spesiale genooide gaste.

Die opening was met Koos du Plessis se “gebed”, opname gesing deur Retha Nagel, gedoen.

Die prag-tafels is met liefde gekonsepsualiseer, beplan en uitgevoer deur die tak se kreatiewe gasvroue, Lynette vir 1930, Cecilia vir 1940, Leola vir 1950, Lydie vir 1960, Christa Vreugdenburg & kie vir 1970, Susanne & kie vir 1980, Mina vir 1990, en dan die tafel vir die klassieke vrou van vandag, Rita Cameron. Die gasvroue is bygestaan en ondersteun deur taklede aan die spesifieke tafels, hier en daar ‘n wederhelf vir diegene wat dit nog kan bekostig, ‘n paar kleinkinders, ook volgens begroting en selfs ‘n hondekind of twee.

There was a photo booth available for fun pics, and the pictures were forwarded via WhatsApp to all who attended, afterwards. This great idea was the brainchild of Susan, Eva, Susanne & company.  Everyone’s favourite photographer, Layla from Laya-Belle Photography took beautiful pictures to be cherished by later generations.

Die musiek is deur Christa van Dyk, saamgestel. ‘n Uitstalling van die tak se notules deur die jare, het Lynette opgestel en daar was ook ‘n verkorte weergawe van die tak se ontstaan op elke tafel beskikbaar.

Die Klein-Brakrivier tak is beslis hier vir die volgende 85 jaar.

Fotograaf:                  Layla, Laya-Belle Photography

1930’s, those were the days

Stigtelik en statig in 1940’s

 

 

 

 

 

 

 

 

Flirty in the Fifties

1960’s fun colours

1970 – let the good times roll

1980’s, let’s dance

 

 

 

 

 

 

 

 

1990’s – droom in blou

Pragtig in pienk – moderne tye

JK Line Dancers