Sirkel: Suid-Karoo
Tak: Carnarvon
Portefeulje: Gesondheid, Leefstyl en Landbou en Tuinbou.
Beriggewer: Anine Steenkamp
Datum: 9 Junie 2023
Op 9 Junie hou ons as Carnarvon VLV-tak ‘n spoggerige vroue oggend met hope bederf. Die doel van hierdie oggend was om elke vrou te herrinner aan hulle onskatbare waarde, deur hulle te bederf en met ‘n vol hart en nuwe hoop huis toe te stuur. Ons het ons goed van ons taak gekwyt en hierdie oggend het verseker ons verwagtinge oortref. Die dag het eenheid onder ons vroue gekweek en baie nuwe vriendskapsbande is gesmee en ou vriendskappe versterk.
Ons geniet die oggend saam met Yolande Britnell-Steyn as ons gasspreker. Haar boodskap het aangesluit by ons tema van “Die uitdaging van verandering.” Haar boodskap het baie harte kom aanraak en vrouens bemoedig om hulle seer en struikelblokke vierkantig in die oë te kyk en ons “letsels” as medaljes, met trots om ons nekke dra.
Jana Tippet en Anine Steenkamp lei die origami-aktiwiteit. Hulle leer vrouens hoe om ‘n origami skoenlapper en hartjiie boekmerk uit papier te vou. Dit was sommer groot pret.
Dis winter en yskoud in die Karoo, so hoe dan nou anders as lekker vars tuisgebakte brode en liplekker groente-, botterskorsie- en beetsop vir middagete. Die dames het omtrent gesmul aan hierdie heerlike kos.
Carmien tee borg vir ons gegeurde teesakkies. Die tee vorm deel van ons sponskoek kompetisie. Trudie Human wen eerste plek met die Earl Grey sitrus geur, Elmien Theunissen tweede plek met bessie geur en Anette Hugo derde plek met vanilla. Die koeke het gedien as nagereg en elke gas kon aan al die koeke proe.
Ons spog met ongelooflike borge wat bygedra het tot die sukses van ons dag. Daar is peuselhappies, kerse, lyfprodukte, gin, neute, skoonheidsprodukte en vele meer deur besighede geskenk en dus kon ons 24 gelukkige trekkings doen met ongelooflik bederfpakkies vir vroue.
Koeke van inskrywings van sponskoek kompetisie. Jana Tippet saam met Trudie Human wat die sponskoek kompetisie gewen het.
Jana, Naomi en Anine saam met Yolande Brittnel-Steyn (Middel voor).
Inhoud van elke geskenksakkie vir vrouens. Dekor van tafels.
Marie Vermeulen en Jana Tippet het pret by fotohoekie.
Vrouens kuier lekker saam aan tafels. Danél Möller se hartjie boekmerk.
Pakkies vir gelukkige trekkings.
Carmien teesakkies as borg.
Leave A Comment