Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur en Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 21 Junie 2023
Aberdeen VLV doen Kosstalletjie vir Aalwynhof én presteer by Kuddedag
Aberdeen VLV het die kosstalletjie tydens Aberdeen Boerevereniging se Kudde Kompetisie op 21 Junie 2023, ten bate van Aalwynhof Ouetehuis, hanteer. Beplanning was uitdagend, aangesien daar jare gelede laas só ‘n dag gehou is en dit baie onseker was hoeveel mense sou bywoon.
Die Kuddedag, aangebied op die plaas Arcadia, is goed ondersteun en was ‘n reuse sukses. Die VLV kosstalletjie het gesorg dat almal genoeg gehad het om te eet en drink op dié yskoue dag.
Aalwynhof se Voorsitter en twee inwoners, wat geen familie in die dorp het nie, het ook die dag bygewoon om dit eerstehands te ervaar. Hulle het hul verkyk aan hoe die Merino’s en Angora’s beoordeel word en natuurlik ook die kosstalletjie ondersteun en heerlik gesmul aan die kos.
Lede se goeie samewerking en entosiasme is beloon met ‘n wins van R4 370. Die Boereverening het R4 100 van die inskrywingsgeld vir die dag ook geskenk en VLV het besluit om ‘n verdere R1 530 uit die Tak se fondse te skenk. ‘n Totaal van R10 000,00 is dus aan Aalwynhof oorbetaal, wat met groot dankbaarheid ontvang is!
Nie alleen het VLV die kos van die dag voorsien nie, maar ook presteer by die kuddekompetisie.
Organiseerders het boervroue in die omgewing uitgedaag om ook in te skryf. Lid Maryke Lategan het die uitdaging aangegryp en 3 groepies Angora bokkies ingeskryf. Sy word aangewys as vroue wenner vir die Angora’s en kom algeheel 6de. Vir dié prestasie word sy ook aangewys as Boervrou van die dag!
(Links)Pannekoek bakkers – Links Mensie, Petro Marx, Joan Nepgen en Engela James regs.
(Regs) Broodjies word gesmeer – links Lee-Ann Vrolik en Marli van der Merwe; regs Katrien Jafta en Karin Pienaar
(Links)Betaalpunt vlnr Heidi Lombard, Lea van der Vyver en Elise Steynberg (Regs) Lea van der Vyver (links) by lid Lize de Jager, op wie se plaas Arcadia, die kuddedag aangebied is
Worsbraai – Johan Pienaar en sy seun Gerhard
Hokkies Angora’s en Merino’s wag vir beoordeling
Maryke Lategan ontvang een van haar pryse
Een van Maryke Lategan se wenbokkies
Leave A Comment