Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 27 Junie 2023
Borskanker – wat jy moet weet
Dinsdag 27 Junie was ‘n pienk-en-wit oggend by Klein-Brakrivier. Onder leiding van Lucia du Plessis, Gesondheid Sameroeper, is daar op borskanker bewustheid, gefokus.
Die saal was werklik besonders gedoen deur Lucia en ‘n hele span gasvroue, hulle het ook ‘n groot verskeidenheid keurige eetgoed, aangebied.
Christelle de Waal is 11 jaar gelede met drie verskillende soorte borskanker gediagnoseer. Sy het ‘n besonderse moeilike pad geloop, maar het kanker oorleef. Sy is vandag deel van “Just Breath”, ‘n nie-winsgewende organisasie wat inligtingstukke aan borskanker pasiënte verskaf. Christelle het haar verhaal vertel en die relevante vraag, ‘wat is my waarde na borskanker?’ vanuit haar ervaring, beantwoord.
Avontuurlustige dames kon hulle hare teen ‘n R5 donasie, pienk spuit, die inkomste is aan van “Just Breath” geskenk. Voorsitter, Lydie, het daarmee weggespring om aan almal te wys hoe dit gedoen moet word. Joey Gouws het ook kombersies aan hierdie organisasie geskenk.
Leoni Carolus is ‘n verpleegsuster by die sub-Distrik-Kantoor van die Mosselbaai hospitaal. Sy het meer vertel oor die belangrikheid van bors-ondersoeke en dames deur middel van ‘n baie insiggewende video, geleer hoe om dit self te doen.
Madelein van Wyk, van die Garden Route Begrafnisondernemers het ook belangrike inligting met die gaste gedeel.
Daar was verskeie borge wat tot hierdie dag se sukses bygedra het:
Aloe Ferox Annemarie Dellemijn
Dawie Martins Traxdor Freddie Smit
Groot-Brak Apteek Groot-Brak Kliniek
Janine Fraser – Reebok kafee Lood Lombard – Aqua Regia Water
Madelein van Wyk, Garden Route Begrafnisondernemers
Joey Gouws het twee van haar pragtige komberies aan Just Breath geskenk. Lucia du Plessis en Leoni Carolus
Christelle de Waal hier saam met Lucia Madelein van Wyk, hier saam met Lucia du Plessis, Gesondheid-Sameroeper
Lede doen pienk hare ten bate van Just Breath
Lucia se besonderse ruiker Lynette Nel, Susanne le Roux en Joey Gouws
Detail van die pragtige saal.
Susan-Ann Chatterton, Marelize Bekker, Bessie Craggs, Cecilia Pieterse en Rita Cameron, klink ‘n glasie
Denise Taljaard, Suzette O’Kelly, Mina Marais en Cecilia Pieterse
Dit was n BAIE besonderse oggend. Ek is trots om deel van Kleinbrak VLV te wees. Elke maand se byeenkoms is beter as die ander. Die sameroepers is uitmuntende dames met hope talent wat nie skroom nie, om in te spring en n verskil te maak.
Dit was baie goed gewees ons het almal baie dinge geleer. O ns vroue weet wat om te doen.