Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Opvoeding

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 21 Junie 2023

Margo du Plessis deel haar kennis oor verskillende tegnieke wat in masjienwerk gebruik kan word. Moderne masjiene kan verstel word om verskillende teksture te stik. Enige materiaal van kurk tot balsahout kan gebruik word. Sy verduidelik tegnieke soos appliek, mosaïek, dollaslap, kant, dubbelnaald, vilt- en snywerk.  Masjiene kan ook gebruik word om knoopwerk (tatting) en tradisionele borduurwerk soos hardanger, kerspit-, smok- of stumpwerk te doen. Sy beskou masjienwerk as terapeuties:

Keep the world sewing to keep the head going.

Margo du Plessis