Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Kunste en Kultuur

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 20 Junie 2023

Alta Cloete is ‘n Paarliet en het redelik laat in haar lewe begin skryf.  Jare gelede het sy kortverhale vir tydskrifte onder die skuilnaam Marle Cloete, geskryf.  Sy is versot op Afrikaans en het twee groepe, Kom ons lees weer Afrikaans en Afrikaanse Boeke vir die Jongklomp, op die been gebring.

Aangesien dit ons jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid was, het sy haar aanbieding in ‘n “onderhoud-vorm” saam met ‘n vurige Leeskringlid, Bes van Zyl, gedoen. Sy praat ook oor ons tema, nl. Die Uitdaging van Verandering asook oor Die Vreugde van Verandering.  Verandering is die enigste konstante in ons lewens en jy moet self besluit as verandering moet plaasvind.

Sy glo in   “Feel the fear and go for it”.

Edith Lumpp, Schalk en Alta Cloete, Wenda Preuss (Voorsitter), Vanessa Muller, Renè Nel, Riana vd Merwe en Rina Kotze.

Wenda Preuss (Voorsitter), Alta Cloete (Spreker) en Bes van Zyl.

 

 

 

 

 

 

 

 

Louna van Zyl en haar vriendin, Hanna Albertyn en Elzabè Binedel.

Marie-Louise Vickerman, Verona Burger, Marcia Potgieter, Petro Batt, Feesia Marais, Zylia Fourie en Estelle Maritz.

Ons Tak het bygedra tot ‘n Sirkelprojek – Goodwoodtak het 37 pare handskoene en 9 musse met bypassende handskoene aan Paarlskool oorhandig.