Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 15-06-2023
Snoesige serpe vir die winter
Een van die 2024 kompetisie items is ‘n sagte, snoesige geweefde serp. Wie beter om so ‘n werkwinkel aan te bied as ons eie Retha Nagel, jaarlikse wenner van hierdie afdeling.
Christene Marais, Christa Vreugdenburg, Susanne le Roux, Joey Gous, Helen le Roux en Bessie Craggs van Klein-Brakrivier het dié oggend saam met Hartenbos-lede Elize Herbst, Ilze Visagie, Rolien Smit en Shirley du Plooy terdeë geniet. Selfs Deville du Plessis wat ook graag sou wou bywoon, het daar uit Engeland van haar laat oor.
Riglyne vir hierdie item:
Grootte en fatsoen:
- Minimum lengte: 100 cm.
- Fraiings en tossels is nie by hierdie mate ingesluit nie.
Weefdraad:
- Eie keuse, maar dit moet die effek van snoesig gee.
- Dunner weefdraad verg vaardigheid, maar gee ‘n besondere resultaat.
- Tekstuurdrade en geskakeerde drade is toelaatbaar.
- Natuurlike vesels gee ‘n besondere effek.
- Verskillende tipe weefdraad mag saam gebruik word om ‘n geslaagde eindproduk te verseker, solank die effek van snoesig nie verlore gaan nie.
Werksmetode:
- Weeftegniek eie keuse.
- Handhaaf ‘n egalige weefspanning.
- Selfkante moet netjies en reguit wees.
Tooisels:
- Geen gekoopte tooisels toegelaat nie.
- Fraiings moet van die weefdrade gevorm word.
Aanbieding:
- Heg monsters en etikette van weef-, skerings- en inslagdrade aan artikel.
- Plaas die voltooide serp in ‘n skoon, nuwe en netjiese plastieksakkie.
Retha se geweefde plekmatjies wat in 2023 na die Kongres deurgegaan het.
Bessie Craggs luiser aandagtig na Retha. Weefwerk voorbeelde
Christa en Helen gereed vir aksie.
Retha en Joey glimlag vir die kamera
Foto collage van die weef-werkwinkel groepie
Leave A Comment