Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: Junie 2023

“Die uitdaging van verandering”
Wat ‘n fantastiese VLV-jaar beleef Gansbaai nie!!
Ons 6 maande VLV Gansbaai kalender 2023 stories

Ons is nou halfpad in die pad af met 2023 se VLV- Kalenderjaar en glo my hierdie jaar beleef Gansbaai Tak al die voorspoed en seën waaroor ons net ontsettend dankbaar is en kan droom.

Februarie 2023 het afgeskop met ‘n Kunste en Handvlyt vergadering uit die boonste rakke. Ronel de Villiers en haar span gasvroue het die voorbeeld gestel van hoe ‘n mens uit die boks dink en die uitdaging van verandering met mag en mening aanpak.

                                                   

 

 

 

 

 

 

 

Maart 2023 vind ‘n Pot-Pourri vergadering plaas wat gereël word deur die Bestuurspan en reis ons saam met ‘n geliefde skrywer, ‘n jarelange VLV-lid, SD Fourie met haar nuwe roman “Die Reis”

 

   

Maart 2023 hou Gansbaai dames heerlik Konferensie op Caledon

 

April 2023 pak Lanita Marais en haar Landbou en Tuinbou gasvroue saam met “African Penguin & Seabrid Sanctuary” die middag aan om ons meer te vertel van die Pikkewyne en hulle gewoontes. Die manier waarop die Spreker, “Pinkey Ngewu” ons vertel het van die Pikkewyn-families was baie treffend, want sy het al die statistieke interessant gemaak deur storie vertelling en om hulle te vergelyk met ons eie gesinne. Sy is ‘n dinamiese spreker en baie lief vir pikkewyne. Daar is 19 spesies in die wêreld. Die water se temperatuur is baie belangrik vir pikkewyne. Die eiers neem 30 – 40 dae om uit te broei. Die kuikens neem 6 dae om op te staan en bly in die nes. Die ouers gaan kos soek, slegs 25% van die kuikens oorleef. Die kuikens verander van kleur, die bruin vere val af en dan kry hul blou en wit vere. Pikkewyne broei eers op 6 jaar, maar net die helfte van die eiers broei uit. Hulle leef hoofsaaklik op vis. Mense eet die pikkewyn eiers, hulle oes die eiers en verkoop dit. Gebrek aan kos is ‘n groot gevaar. Klimaatstoestande speel ‘n groot rol. Ons moet die pikkewyne beskerm. Plastiek is ‘n groot probleem, pikkewyne eet dit en sterf. Vislyn is ook ‘n groot probleem, dit sny hul voete en vinne af. Pikkewyne het die hulp van die gemeenskap nodig. Dit is egter skrikwekkend hoe die getalle afneem en baie uitdagend om al die struikelblokke te oorkom.
Lanita Marais wys ook hoe om vetplant steggies te maak deur slegs van blaartjies gebruik te maak.

        

Mei 2023 woon Gansbaai dames ‘n baie geslaagde en leersame Inligtingsdag by op Kleinmond.

   

 

 

Mei 2023 is VLV Gansbaai se 70ste Verjaarsdag en daar word met oorgawe fees gevier

 

   

 

   

 

        

Junie 2023 bied Karin Steyls en die Gesondheidspan ‘n heerlike sop en tuisgebakte broodjie middag aan met ‘n wonderlike Spreker Dr. Johan Dill en die onderwerp wat hy hanteer, is: GESONDHEID…………Hoe raak dit my?
Hy is ‘n Senior Konsultant by die Instituut vir “Telling Development” in Suid-Afrika en Internasionaal. In hierdie hoedanigheid is hy betrokke by Bestuur en Berading, Bestuur van verandering, Bemarking asook Besigheidsafrigting en Traumaberading. In die veld van opleiding bied hy kursusse aan in Algemene Bestuur van Personeel in verskillende vlakke van besigheid. Hy is ook ‘n geordende NG predikant, maar nie in ‘n voltydse pos nie. Hy is ook Skrywer en Medeskrywer van verskeie akademiese artikels en geestelike boeke.
Dr. Dill: Sy benadering tot Holistiese Gesondheid is hoofsaaklik psigososiaal gemotiveerd en ook uit jare se ondervinding in hospitale en deel van multi-professionele spanne. Holisties beteken dat vier belangrike areas van gesondheid in ag geneem word nl. Liggaamlik, Emosioneel, Breinaktiwiteit en Geestelik/Spiritueel. My gesondheid is ‘n gegewe en word meestal nie deur myself bepaal nie, maar deur my gené of dit wat God vir my bepaal. Al stem ek saam dat God en my gené my gesondheid bepaal, het ek nog altyd ook ‘n groot verantwoordelikheid en eienaarskap van my gesondheid. ‘n Holistiesse gesondheidsuitkyk behels dat jy gewoontes moet ontwikkel vir die vier kernareas van jou lewe nl. Liggaam, Emosies, Brein en Spiritualiteit. Lewe ‘n waardegedrewe lewe, koester en ontwikkel versorgende en ondersteunende verhoudings. Dit gaan oor selfsorg vir jou algemene gesondheid en welwees, nl. selfsorg vir jou liggaam, jou emosies, jou verstand, en ook vir jou geestelike lewe. Ons hartklop gee ons ‘n goeie aanduiding vir ‘n daaglikse roetine. Die hartklop dui ook vir ons aan dat daar met elke klop energie gebruik word en daarna volg ‘n rusperiode sodat die hartklop kan rus en nie werk nie. Netso behoort dit ook in jou lewe te wees. Elke dag gebruik ons ses tot agt ure om te werk en daarna mag ons ‘n tyd gaan rus voor ons weer moet werk. Maak seker jy slaap genoeg, doen dinge wat vir jou lekker is en jou liggaam laat ontspan, hou gereeld vakansie. Ons as mense is verhoudingsmense en daarom is dit belangrik om verhoudings te koester en te versterk. Toon dankbaarheid vir goeie verhoudings wat jou ondersteun en sterk maak. Ontwikkel gewoontes om persoonlike selfsorg in jou lewe te ontwikkel vir die vier kernareas van jou lewe en lewe ‘n waardegedrewe lewe.

       

   

Dit bring ons aan die einde van ons 6 Maande VLV-Kalender Stories vir 2023. Ons lede sien uit na die volgende 6 maande en ons glo dit gaan leersaam, veranderend en uit die boeke wees.