Sirkel: Weskus
Tak: St Helenabaai
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 18 Julie 2023
5 Pragtige vergaderings:
Die hoogtepunte van Februarie tot Junie 2023. Tydens die 5 vergaderings het 13 nuwe lede aangesluit.
14 Februarie – Landbou en Tuinbou
Sameroepster Annelie Nieman
VLVK- Tema: Die uitdaging van verandering word aangespreek met die bekendstelling van alternatiewe tuinbou naamlik Hydroponic tuine.
Lede het die vrugtefees en tuisgemaakte roomys geniet.
14 Maart – Leefstyl
Sameroepster Estelle Coetzee
Tydens die vergadering is Kokerboom kase aan die lede bekend gestel. Daar is met oorgawe geproe en gekoop. Die, eie aan die Weskus, Bokkomkaas het baie belangstelling uitgelok.
Demonstrasie was die Huisvlyt Kompetisie: Mikrogolf Mosterdsous.
18 April – Gesondheid
Sameroepster Annaline de Beer
‘n Heerlike, leersame kuieroggend saam met Dermatoloog Dr. Elana Steenkamp.
Erelidmaadskap is aan mev. Susan Engelbrecht 96 toegeken en die tak se 59ste verjaarsdag is gevier.
9 Mei – Kunste en Handvlyt
Sameroepster Isa Pump
Die Kamerkonsert is deur konsertpianis Sandra Jacobs en vriende aangebied. Drag was formeel swart en die dames het met oorgawe deelgeneem aan die massa “jamm” orkes.
Esta Ueckermann het die boekvoorlesing waargeneem.
13 Junie – Opvoeding en Kultuur
Sameroepster Elna Louw
Wilna van Zyl het vir 15 jaar haar eie skool gehad waar sy terapie met behulp van perde aan gestremde- en kinders met spesiale behoeftes aangebied het. Die winterkoue is met heerlike warm sop en vars gebakte brood verdryf.
Leave A Comment